Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 21:2

Dit Is Wat Ons Doen
4 dae
Doen jy dit? Dit sal deure oopmaak en probleme oplos. Dit sal ander ook inspireer om dit te doen ̶ dit is op 'n goeie manier aansteeklik. Indien hulle ons lewensverhaal vertel, wil ons hê dat hulle dit heel bo moet sit. Ons is hiervoor gemaak. As gevolg van wat God vir ons gedoen het, is Dit Wat Ons Doen.

Jesus se Laaste Dae
8 dae
Wat het gebeur gedurende Jesus se laaste dae op aarde? Hierdie agt dae leesplan neem jou op 'n geestelike reis deur die gebeure van Jesus se laaste dae. Ons begin met die Intog in Jesusalem (Palmsondag) en volg dan die gebeure van Jesus se sterwe tot sy opstanding. Berei jou hart voor vir Paasfees soos wat ons DIE LEWE bekyk wat alle lewens verander het.

Heilige Week met Die Uitverkorenes
8 Dae
Deur 'n mengsel van Skriflesings, uittreksels uit "Die Uitverkorenes" en oordenkingsmateriaal, sal hierdie 8-dae Heilige Week leesplan diep besinning en gebed aanwakker terwyl jy reg in die middel geplaas gaan word van sleuteloomblikke tydens Jesus se laaste dae van bediening op aarde: vandat Hy Jerusalem binnery tot by die skoonmaak van die Tempelhowe, na die Bovertrek - en verder in die Tuin.