Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 17:2

Blydskap en goeie nuus deur Nina Smit
5 dae
Die gedagtes in hierdie Advent-leesplan sal lesers help om hierdie Kersfees nader aan God te kom. As jy dink aan die wonderbaarlike geboorte van Christus en die voorreg om Hom te ken, sal jou lewe, liefde, hoop en vreugde hernu word. Elke dag bevat ’n Bybelvers, gedagte vir die dag en ’n gebed. Die inhoud van hierdie leesplan is gebaseer op Nina Smit se boek “Leef in sy lig”.

Onvoldoende antwoorde - Daar is nie antwoorde vir alle vrae nie
9 Dae
Deur die loop van die lewe ervaar almal van ons pyn, verwerping, onsekerheid, konflik en teleurstelling. Dit lei onvermydelik tot vrae oor die lewe en die doel van die lewe. Daar is ongelukkig nie voldoende antwoorde op alle vrae nie. God gee egter meer as voldoende antwoorde in die Skrif sodat ons sinvol en met vreugde kan lewe.

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg
9 Dae
Sommige van die Bybel se mees onvergeetlike oomblikke gebeur op berge, van die eerste tuin wat God geplant het tot Jesus se beroemde Bergprediking. In hierdie leesplan sal ons sien hoe berge in die Bybel nie net geografiese plekke is nie, maar ook heilige plekke waar die Hemel en aarde oorvleuel en die mensdom die wysheid, lewe en hoop van God ontmoet.