Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 14:36

Vestig jou oë op Jesus!
5 Dagen
Petrus het op die water na Jesus toe geloop. Maar hy het weggekyk en dis waar sy twyfel die oorhand gekry het. Daar is nog ’n belangrike ding om te onthou: Die oomblik toe Petrus uitroep, was Jesus daar! Dreig die golwe om oor jou te slaan? Moenie na jou omstandighede kyk nie, want dit sal jou oorweldig. Kyk na Jesus! Roep na Hom en Hy sal jou antwoord.

Liefde en Verlies
6 Dae
Het jy iemand wat jy liefhet deur die dood, 'n egskeiding of ander tragedie verloor? In Liefde en Verlies, lei Chuck en Ashley Elliott lesers om oor hul reis na te dink, om ongesiene eienskappe van droefheid te identifiseer en verlig die stappe om 'n nuwe raamwerk vir hul lewens te skep en hul lewens te herbou onderwyl hulle na die Skrif as bron van hoop en rigtinggewing verwys.

The Chosen + BibleProject: Reeks 3-Leesplan
6 Dae
The Chosen en BibleProject het hierdie leesplan ontwikkel om mense te help nadink oor Jesus se identiteit en die aard van God se koninkryk, soos voorgestel in die Evangelies. Hierdie ses-dag-leesplan bevat verwysings na The Chosen se derde reeks, opsommings, besprekingsvrae en Skrifgedeeltes. Hier leesplan lei jou om mense se uiteenlopende reaksies op Jesus te bestudeer: aanstoot, twyfel en vertroue.

Gewaagde Geloof
7 Dae
Moenie toelaat dat vrees jou verhoed om die uitbundige lewe te lei wat vir jou bestem is nie! In plaas daarvan verken Nicole Reye se leesplan Bybelse verhale van dié wat dit gewaag het om vreesloos op God te vertrou. Jy sal 'n meer oorspronklike, veerkragtige en waaghalsige geloof ontdek!

Alles Wat Ek Nodig Het
14 dae
Wanneer die uitdagings van elke dag oorweldigend voel en jy bemoediging nodig het, is dit tyd om krag te put uit die wete dat jy in God se liefde leef en dat Hý ALLES is wat jy nodig het. Alombekende evangelis, Angus Buchan, herinner jou in hierdie 14-dag leesplan uit sy dagboek, ALLES WAT EK NODIG HET, dat jy op God kan vertrou vir alles wat jy nodig het.