Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 13:16

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 1)
5 Dae
Die Christelike lewe gaan nie net daaroor om die waarheid te ken nie, maar om waarheid in aksie te word — mense deur wie die liefde van God sigbaar word in ons wêreld. Hierdie reis begin wanneer ons God se liefde persoonlik ontvang en toelaat dat sy Gees ons harte vorm, ons denke vernuwe en ons lewens in lyn bring met sy doel. In hierdie leesplan gaan ons saam ontdek wat dit beteken om liefde te word. Let wel: hierdie leesplan is Deel een van 'n vierdelige leesplan.

Leer Ken God op 'n Nuwe Manier
7 Dae
Ons leer vir God in die Bybel en ook in die skepping ken. Hy is die ewige, almagtige, alomteenwoordige, onsienlike, onbegryplike, soewereine, genadige, heilige, liefdevolle, alwyse, alwetende, getroue God. Hy is die Redder, Verlosser, Oorwinnaar, Bevryder en Skeppergod. Ken jy Hom regtig?

Die Evangelie Van Matteus - Vervul in Jesus
8 Dae
Wat ons oor die evangelie glo is van ewigheidswaarde, en dit bepaal ook die koers van jou lewe op aarde. So, wat is die evangelie? Matteus se goeie nuus is die verhaal van hoe Jesus al die beloftes en doelwitte van God met Israël vervul het. Hy wys hoe Jesus deur Israel se geskiedenis geloop het om God se reddingsplan te voltooi. Ons is so vertroud met die gelykenisse en wonderwerke in hierdie Evangelie, maar ons het die evangelis se groot storie van Jesus heeltemal gemis. Dit is beide vertroostend en uitdagend, en sal jou werklik verstom.