← Leesplanne
Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 10:17

Wat Jesus Gesê Het Oor Om Hom Te Volg
6 Dae
Die eerste ding wat Jesus met die dissipels gedoen het was om hulle te roep (Matteus 4:19). Jesus kom vandag nog om mense te roep. Baie dink dit het net met bekering te doen. Nee — wanneer Jesus kom, roep Hy mense om Hom te volg en vissers van mense te maak. Die twee begrippe kan nie van mekaar geskei word nie.

Herlewing in Nagaland Onder Die Headhunters
12 Dae
Nagaland is 'n provinsie van Indië, hoog in die Himalayaberge. Gedurende die tweede helfte van die 1900's was dit die enigste plek waar daar nog steeds kopjagters (headhunters) was. Gedurende 1957 het daar 'n uiters kragtige herlewing uitgebreek. Soos in die Nuwe Testament, was daar tekens, wonders, kragtige dade, genesings, drome, visioene en bevryding van demoniese magte.