Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 11:3

Hoop vir Gewonde Harte: Gedeeltes uit Jesaja
5 Dae
Die boek Jesaja bevat ryk beelde, profesieë oor die komende Messias en herinneringe aan God se getrouheid aan sy volk. Die profeet Jesaja vertel van God se getrouheid aan die Israeliete en praat van sy hoop op 'n toekomstige verlossing deur Jesus. In hierdie leesplan sal jy meer leer oor God se geregtigheid en deernis en hoe hy teenwoordig is by en naby is aan mense wat swaarkry.

20/20: Gesien. Gekies. Gestuur. Deur Christine Caine
7 dae
Kan jy jou indink dat jy so deur God gesien voel dat jy nie anders kan as om ander te sien nie? Kan jy jou voorstel dat jou gewone alledaagse lewe 'n beduidende ewige impak het? Hierdie 7-dag leesplan van Christine Caine sal jou help om te ontdek hoe God jou gesien het, jou gekies het en jou gestuur het om ander te sien en om hulle te help om gesien te word soos God hulle sien – met 20/20 visie.

'n Moeë Wêreld Juig — 'n Advent-leesplan
28 Dae
Moenie jou fokus oor die rede van die Kerstydperk verloor nie — Jesus. Om Advent te vier is 'n pragtige manier om Christus sentraal in die vakansie te hou en in hierdie leesplan gaan jy 'n reis deur die Skrif neem om ons Koning te aanbid met daaglikse Bybel lesings en oordenkings.

Verlosser - Die Belofte Vervul
29 dae
Kersfees kan 'n oorweldigende seisoen wees. Dis maklik om te vergeet wat ons werklik met Kersfees vier: Ons vier dat 'n Verlosser vir ons gebore is. Ons vier die vervulling van die Wet en die Profete in Jesus. Ons vier Immanuel, God met ons. Ons bid dat hierdie studie sal help om jou geloof, jou begrip van Kersfees en die koms van Christus ons Verlosser, te verdiep.