Gratis leesplanne en oordenkings oor HOSEA 2:20

Verhoudings van die Koninkryk – 'n Leesplan oor die Huwelik, Romantiese Verhoudings en Enkellopendes
3 Dae
Het jy al ooit die huwelik oorweeg? Het jy al ooit gewonder of jou verhouding is wat God vir jou wil hê? Het jy al ooit gevoel dat om enkellopend te wees net 'n laaste uitweg is? Lees verder om uit te vind wat die Bybel oor hierdie belangrike lewenstydperk te sê het.

Die Pad Na Wysheid
3 Dae
Die pad na wysheid is ’n 3-dagleesplan uit Spreuke, gebaseer op die “Seeking Him”-boodskappe deur Nancy de Moss Wolgemuth. Hierdie leesplan help jou om die verskil tussen wysheid en dwaasheid raak te sien, veral wanneer versoeking, swaarkry en verkeerde perspektiewe jou geloof toets. Jy sal leer hoe maklik dit is om God se boodskappe verkeerd te lees wanneer dinge moeilik raak, en hoe wysheid begin by vertroue in die Here. Deur praktiese toepassings en Skrifwaarhede word jy uitgedaag om slaggate te vermy, jou hart te bewaak en met woorde van wysheid te leef.

Jy is Geliefd
4 Dae
God het jou lief. Dit maak nie saak wie jy is of waar jy in jou lewe is nie, God het jou lief! In hierdie maand wat ons die liefde vier, onthou ook dat God se liefde vir jou groter is as enige ander liefde. Omvou jouself met God se liefde in hierdie 4-dag leesplan.

