Gratis leesplanne en oordenkings oor HANDELINGE 5:8

Die Bybel Het Wát Gesê?
5 Dae
As jy al ooit vrae oor die Bybel gehad het, is jy in goeie geselskap! Ons was al almal daar. Soms kan dele van die Bybel regtig verwarrend wees. In hierdie leesplan sal ons sommige Skrifgedeeltes bespreek wat moeilik kan wees om te verstaan en ons sal handige wenke leer om die Skrif te bestudeer.

Reis deur Handelinge in 10 dae
10 Dae
As gelowiges is dit so belangrik om saam te reis deur Bybelboeke. Hierdie reeks is bedoel vir elkeen wat wil reis deur die Boek Handelinge met 'n spesifieke fokus op sekere tekste en wat dit vir ons sê van die kerk. Sluit aan by ons.

Herlewing in Nagaland Onder Die Headhunters
12 Dae
Nagaland is 'n provinsie van Indië, hoog in die Himalayaberge. Gedurende die tweede helfte van die 1900's was dit die enigste plek waar daar nog steeds kopjagters (headhunters) was. Gedurende 1957 het daar 'n uiters kragtige herlewing uitgebreek. Soos in die Nuwe Testament, was daar tekens, wonders, kragtige dade, genesings, drome, visioene en bevryding van demoniese magte.

Ruim Op En Bevry Jou Ruimte, Skedule en Siel
14 Dae
Te veel goed. Te veel aktiwiteite. Te veel uitputting. Te veel spanning. Hoe kan ons deur die bedrywigheid, die chaos en die spanning onderskei om die oorvloedige lewe wat God bied, te onthul? Begin 'n reis van 'n lewe van spanning, dinge en uitbranding na een van vrede, ruimte en vervulling. Jy sal wenke leer om jou besittings te verminder, jou skedule te vereenvoudig en die antieke kuns van die Sabbat te beoefen.