Gratis leesplanne en oordenkings oor HANDELINGE 27:14

Alles Gaan Ok Wees
4 dae
Ons wêreld is gevul met storms. Hierdie storms kan ons oorweldig en ons wegtrek van ons roeping. Wanneer ons die woorde hoor “Alles sal ok wees” is dit nie die woorde wat ons altyd wil hoor nie. Maar as ons net ons gedagtes vir ‘n oomblik kan rig op die Een wat alles ok maak, sal ons besef dat daardie woorde nie te ver van ‘n werklikheid is nie.

Hoop op Hom
5 dae
Wanneer God aan jou kant is, hoef jy niks te vrees nie. Selfs wanneer dit voel of jy in ’n diep vallei is, sal God jou na veiligheid dra. Plaas jou hoop en vertrou in Hom, want Hy sal jou nie in die steek laat nie. Hierdie 5-dag-leesplan is geneem uit DIE BYBEL – MET GRASSROOTS-OORDENKINGS en GENADE IN OORVLOED deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Geroep op die golwe in die Bybel
5 Dae
Die Bybel se bote is nooit net bote nie. Van Jona wat probeer vlug tot dissipels wat nette uitgooi en Paulus wat skipbreuk ly. Telkens word water ’n plek waar God mense roep, vorm en stuur. Hierdie 5-dagleesplan ontdek hoe gewone bote kansels, klaskamers en selfs stormruimtes word waar God se stem duideliker begin klink. Dalk wys dit ook iets van jou eie boot: jou werk, jou gesin, jou bediening of jou onseker waters waar God steeds besig is om te roep.

Reis deur Handelinge in 10 dae
10 Dae
As gelowiges is dit so belangrik om saam te reis deur Bybelboeke. Hierdie reeks is bedoel vir elkeen wat wil reis deur die Boek Handelinge met 'n spesifieke fokus op sekere tekste en wat dit vir ons sê van die kerk. Sluit aan by ons.

God Se Droom Vir Jou Lewe
19 Dae
Die Bybel sê in Matteus 9:29: “Wat julle glo, sal gebeur.” Dit is die geheim om Jesus Christus te volg. God sê: "Jy besluit hoe ek jou lewe seën. Jy glo, Ek seën.” Vergesel Pastoor Rick in hierdie reeks oor hoe om te glo en getrou te wees aan God se droom vir jou lewe.