Gratis leesplanne en oordenkings oor HANDELINGE 18:3

Goddelike Ambisie
7 dae
Werk is deel van God se plan vir ons lewe. Daar is ongelooflike waardigheid in alle eerlike, menslike werk, want jou werk is ’n geleentheid om God en ander te dien. Ons moet egter altyd streef na die perfekte balans tussen ons ambisie en sin vir verantwoordelikheid, rus en die regte prioriteite. Hierdie 7 oordenkings is geneem uit 101 DAGSTUKKE VIR MANS.

Reis deur Handelinge in 10 dae
10 Dae
As gelowiges is dit so belangrik om saam te reis deur Bybelboeke. Hierdie reeks is bedoel vir elkeen wat wil reis deur die Boek Handelinge met 'n spesifieke fokus op sekere tekste en wat dit vir ons sê van die kerk. Sluit aan by ons.

Miga
29 Dae
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”