Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat Hou预览

Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat Hou

43天中的第26天

In Genade Teruggetrek

Lees: 1 Johannes 3:24

Soap: 1 Johannes 3:24

Wie sy gebooie gehoorsaam, bly in God en God in hom. Hiéraan weet ons dat Hy in ons bly: Hy het ons sy Gees gegee.

Oordenking

Om in Christus te bly is 'n keuse om die Woord van God daagliks uit te leef. 1 Johannes 3:24 herinner ons daaraan dat om te bly ten diepste met gehoorsaamheid verbind is. Wanneer ons God se gebooie onderhou, doen ons dit uit liefde vir Hom en in die krag wat Hy voorsien, wetende dat ons nog nie volmaak is nie, maar ons streef daarna om al hoe nader aan Hom te wandel.

In sy genade, vra God ons nie om Hom in ons eie krag te gehoorsaam nie. Hy gee ons die Heilige Gees om in ons te woon, om ons aan te moedig, te lei en in staat te stel om sy Woord uit te leef. Wanneer ons begin wegdwaal van Jesus af, wanneer die aantrekkingskrag van die wêreld sterk word en ons liefde koud word, sal die Heilige Gees ons terugtrek na sy Woord. Wanneer ons struikel en val en aan versoeking toegee, sal die Heilige Gees ons oortuig en ons tot bekering lei. Wanneer ons swak en moeg voel, ons geloof wil prysgee, sal die Heilige Gees ons vernuwe, ons versterk en ons in staat stel om voort te gaan.

So, liewe vriend, wanneer dit moeilik raak en jy nie seker is of jy God se wil kan doen nie – gee jou weer oor aan Hom. Los daardie ongeloof wat jou aftrek. Onthou dat God self in jou woon, Hy het jou gereinig en vir jou 'n nuwe lewe gegee. Hy sal die goeie werk voltooi wat Hy in jou begin het. As gevolg van die werk van die Heilige Gees in ons, word ons in staat gestel om sy gebooie te onderhou.

Gebed

Dierbare Jesus, dankie dat U vir my u Gees gegee het om my te help om gehoorsaam te wees en in U te bly. Mag my lewe 'n weerspieëling wees van u liefde en waarheid. Help my om elke dag naby U te bly. Amen.

读经计划介绍

Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat Hou

Het jy al ooit gewonder wat dit beteken om "in Jesus te bly"? Om so nou aan Hom verbind te leef dat sy liefde, krag en wysheid na elke aspek van jou lewe toe oorvloei? In hierdie leesplan gaan ons vir ses weke lank deur sorgvuldig uitgesoekte Skrifgedeeltes, dagstukkies en praktiese insigte leer hoe ‘n lewe lyk wat gewortel is in Christus en wat bekragtig en verander word deur Hom.

More