Ester预览

Oordenkingsvrae:
1. Koningin Vasti het standpunt ingeneem en dit het haar die kroon gekos. Wat leer ons van haar na aanleiding van haar besluit?
2. Hoe het koning Ahasveros se trots hom beïnvloed om ‘n verkeerde besluit te neem? Wat was hy eerder veronderstel om te doen?
3. Hoe het die koning se besluit die res van sy koninkryk beïnvloed?
4. Volgens Ester 2:1, dink jy koning Ahasveros het berou gehad oor sy besluit?
5. Hoe beleef jy God se sorgsaamheid in hierdie week se verse?
读经计划介绍

In 'n wêreld wat daagliks 'n uitdaging op ons geloof plaas, is dit meer belangrik as ooit om sterk en dapper te wees en op te staan vir wat reg is. Die boek Ester is tydloos en is net so toepaslik vir ons lewens vandag. Kom ons leer van Ester om te kies om dapper te wees en die regte ding te doen, te midde van onsekerheid.
More