Ester预览

Oordenkingsvrae:
1. Hoe het God die wiel vir Haman laat draai in Hoofstuk 6:10-11?
2. Wat was Haman se reaksie toe hy Mordegai moes eer? Wat sê dit vir ons van sy hart?
3. Hoekom het Haman se vrou en vriende Haman se vernedering voorspel?
4. Toe die rolle omgeruil was, het Haman Ester om genade gevra, maar wat doen hy in hoofstuk 7: 7–8 wat sy bose hart openbaar?
5. Wat is die ironie aan die einde van hoofstuk 7?
读经计划介绍

In 'n wêreld wat daagliks 'n uitdaging op ons geloof plaas, is dit meer belangrik as ooit om sterk en dapper te wees en op te staan vir wat reg is. Die boek Ester is tydloos en is net so toepaslik vir ons lewens vandag. Kom ons leer van Ester om te kies om dapper te wees en die regte ding te doen, te midde van onsekerheid.
More