Die basiese beginsels van die Christelike geloof预览

"... wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode ..."
"Nadat Jesus vroeg die oggend op die eerste dag van die week opgestaan het ..." (Markus 16:9).
Jesus Christus is vermoor. Hy het aan 'n kruis gesterf en sy liggaam is begrawe. Dit het gelyk of Hy deur sy vyande oorwin is. Maar nee! Op die derde dag na sy dood het Jesus weer opgestaan. Sy liggaam het weer lewendig geword en Hy het aan mense verskyn. Aanvanklik kon sy dissipels nie glo dat dit werklik was nie. Maar toe hulle self sien dat Jesus lewe, kon hulle dit nie meer ontken nie. Jesus Christus het oor die dood geseëvier!
Die liggaamlike opstanding van Jesus is waarskynlik die mees betwiste en bespotte element van die Christelike geloof. Dit was nog altyd. Maar soos die apostel Paulus sê: “En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof vergeefs, en is julle steeds in julle sondes” (1 Korintiërs 15:17). As Jesus dood gebly het, het Hy nie sy sending voltooi om mense te red nie. Dan sou daar geen hoop vir ons wees nie; geen manier om die ewige dood te ontsnap nie.
Maar die Bybelse verslag laat geen twyfel hier nie. Ander historiese bronne uit daardie tyd ondersteun hierdie Bybelse bewering. Jesus het werklik uit die dood opgestaan. Dit is die beste nuus wat die wêreld nog ooit gehoor het. Aanvaar jy dit as die waarheid?
读经计划介绍

As jy nuut is in die Christelike geloof, is daar baie om te leer. Mens kan maklik verdwaal in al die stories, sleutelwoorde en waarhede waaroor Christene praat. Hierdie leesplan gee 'n kort opsomming van die basis van die Christelike geloof, deur 'n eeueoue geloofsbelydenis te lees waaroor feitlik alle kerke wêreldwyd saamstem. Dit is die kern van Christenskap wat jy regtig moet weet!
More