Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete预览

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete

29天中的第27天

Selfopofferende Leierskap

Lees: Maleagi 2

SOAP: Maleagi 2:7-8

'n Priester moet met kennis kan praat, daar word verwag dat hy die volk sal kan leer wat my wil is, want hy is 'n boodskapper van die Here die Almagtige. Maar julle het die regte pad verlaat, julle het baie tot 'n val gebring met wat julle hulle geleer het; julle het my verbond met Levi geskend, sê die Here die Almagtige.

Oordenking

Almal lei iemand. Ons het elkeen 'n invloedsfeer rondom ons. Ons is óf besig om mense na God toe te beïnvloed óf weg van Hom af.

Israel se leiers het die volk op 'n dwaalspoor gelei, en die priesters het hulle in sonde gelei, en het versuim om die waarheid te praat of met integriteit op te tree. Hierdie gebrek aan leierskap het uitgebrei na huise, waar mans hul vrouens vir ander vroue verlaat het en hul rol as goddelike leiers verwaarloos het.

Hoe lyk 'n goddelike leier? ’n Godvresende leier is ten volle aan God oorgegee. Sy weet dat sy nie die lewe op haar eie kan leef nie. Sy erken dat sy op so 'n groot wyse deur Jesus vergewe is en sy begeer om in lof van Hom te lewe. Sy stel ander voor haar eie begeertes. Sy bestudeer God se Woord aandagtig en spandeer tyd in gebed. Sy word gekenmerk deur die vrug van die Gees (Galasiërs 5:22-23). Sy praat waarheid in liefde en wys ander na Jesus.

Sy weet dat om God te volg die enigste manier is om ware lewe en vrede te ervaar. Ware leierskap word aan die voet van die kruis gevind. Dit is wanneer ons in ontsag en eerbied vir ons Verlosser staan ​​dat ons werklik sy nederigheid en dienende hart kan navolg. Dit is wanneer ons begin om ander te lei soos ons moet.

God het vir jou 'n leierskapsrol gegee sodat jy jou tyd, talente en skatte kan bestuur ter wille van die koninkryk van God. Ons het die grootste voorbeeld van selfopofferende leierskap in Jesus Christus, en Hy wil saam met ons wandel in ons eie leierskap. Mag ons nie die invloed wat ons gekry het mors deur meer klem op onsself te plaas nie, maar eerder op Christus.

Gebed

Jesus, dankie vir U leierskap. U het alles gegee wat U gehad het om die Vader gehoorsaam te volg. Help my om my dae te leef in diens aan U, om ander te lei om U te ken en U heelhartig te volg. Amen.

读经计划介绍

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete

God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.

More