Nogtans sal ek预览

Nogtans sal ek

7天中的第5天

Hulp

"Vriend, moenie die lewe alleen aanpak nie."

Daar is geen groter of beter hulp en toevlug as God nie (Psalm 46:2). Hy sal jou nooit teleurstel nie. Wanneer die Here jou help, dan word jy waarlik gehelp. Dit is natuurlik 'n groot seën om 'n ondersteuningsnetwerk te hê en 'n groot troos om betroubare vriende te hê (3 Johannes 1:15). Neem altyd noukeurig sorg dat die hulp wat jy van jou vriende verwag nie onrealisties is nie en moet nooit van jou vriende verwag om vir jou te doen wat net God alleen vir jou kan doen nie. Daarom moet jy nie jou vertroue in mense stel nie (Psalm 118:8). Besef nogtans dat die ondersteuning van 'n betroubare vriend 'n lafenis is (Spreuke 27:17).

读经计划介绍

Nogtans sal ek

Hoe kry 'n mens 'n vastrapplek wanneer dit vir jou voel asof jou wêreld uitmekaarval? Hoe maak jy en waarheen gaan jy wanneer dinge nie uitwerk soos jy gehoop het nie? Luister, jy kan waarlik God se hart vir jou vertrou. Moenie toelaat dat die storms aan die buitekant onstuimigheid in jou binnemens veroorsaak nie.

More