Luister: Gelei Deur Die Heilige Gees预览

Weeg die profetiese woord op
Ons besef dat daar ander invloede of entiteite is wat ons, as gelowiges, wil beïnvloed. Die Skrif moedig ons aan om te onderskei tussen God se stem, die vyand se stem en ons eie "interne" stemme. Dit word selfs belangriker namate ons profetiese woorde met ander deel of profetiese bediening van ander ontvang.
Hierdie Skrif bevat ‘n belangrike riglyn:
"Wat die profete betref, twee of drie kan aan die woord kom, en die ander moet beoordeel wat hulle sê. 1 Korintiërs 14:29.
Hierdie Skrif beskerm ons in sulke gevalle. Elke Nuwe Testamentiese gelowige het die vermoë om God se stem te hoor en om deur sy Heilige Gees gelei te word. Sodra ons bonatuurlike inligting van die Here ontvang, het die persoon wat die openbaring ontvang, asook die een wat dit oordra, die voorreg en verantwoordelikheid om daardie openbaring op te weeg. In die rolprente wys hulle dikwels by die voorbereiding om ‘n kernwapen af te vuur, dat daar twee sleutels nodig is om die wapen te lanseer of te aktiveer. Slegs as albei sleutels korrek gebruik word, kan daardie wapen afgevuur word.
---
As jy hierdie leesplan geniet het, oorweeg om die kursus by jou naaste Doxa Deo kampus by te woon, of om deur die aanlyn kursus te werk by https://courses.doxadeo.org/.