Lydenstyd预览

Blydskap in die Hemel
Lees: Lukas 15:1–10
SOAP: Lukas 15:7
"Ek sê vir julle: Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie."
Oordenking
Terwyl ons oor vandag se verse nadink, kan ons groot troos vind in die manier hoe Jesus beloof om dié wat verlore is te soek en te red. Wanneer ons ons bekeer en deur Hom gevind word, is daar groot blydskap in die hemel!
Hoe sien ons as gelowiges dié wat verlore is? Die Fariseërs en die godsdiensleiers het hooghartig geword — soos die ouer seun en die ryk man — en geglo hulle verdien verlossing as gevolg van hulle gehoorsaamheid aan die wet. Hulle het met minagting gekyk na diegene wat hulle beskou het as "sondaars", diegene na wie Jesus met liefde en deernis gekyk het.
Hoe kyk jy na mense wat nie vir Jesus ken nie, nie kerk toe gaan of 'n Christelike lewensuitkyk het nie? Jesus se spesifieke waarskuwings in hierdie Skrifgedeelte was aan die godsdiensleiers wat geglo het dat hulle deur hulle aksies regverdig verklaar is. Alhoewel ons weet dat ons regverdigmaking alleenlik deur Christus kom, kan dit maklik wees om in dieselfde denkpatrone as die godsdiensleiers te verval.
Jesus het gekom om dié wat verlore is te red — dié wat eens op 'n tyd elkeen van ons was — of miskien nou is. Hy sal nie dat enigeen van sy skape verlore gaan nie. As die goeie herder, sal Jesus groot moeite doen om wat aan Hom behoort, uit die dood te red. Hy weet wat dit verg om jou te bereik.
Ons was ook vroeër vyande van God, maar ons is 'n nuwe lewe in Hom gebied. Geeneen van ons is goed, regverdig of waardig om gered te word nie. Jesus en die hele hemel is vol blydskap oor elke verlore persoon wat tot bekering kom. As sy volgelinge weet ons hoe dit was om verlore te wees en die ware vreugde om gevind te word. Mag ons voortgaan om Hom te volg, veral terwyl ons die verlorenes soek. Net Jesus kan red, maar ons kan verheug wees oor elke sondaar wat gevind word.
读经计划介绍

Lydenstyd is 'n tydperk van leegmaak, prysgee, skoonmaak en selfs sterf. Lydenstyd is 'n tydperk waartydens ons droefheid uitspreek oor Christus se dood en die rede vir sy dood: ons sonde.
More