Wat Jesus Gesê Het Oor Sondebelydenis预览

Wat Jesus Gesê Het Oor Sondebelydenis

6天中的第5天

Jesus het gesê vergifnis is beskikbaar vir almal

In Lukas 24:47 sê Jesus: In sy Naam sal bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word, beginnende in Jerusalem.

Wat 'n merkwaardige vers: ons sondes kan vergewe word!

Riglyne vir diegene wat sukkel om te weet dat hulle vergewe is nadat hulle hul sondes bely het.

In 1 Johannes 1:9 sê die apostel Johannes: As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons ons sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Dit is waarom Jesus aarde toe gekom het – Hy het gekom om ons sondes met sy bloed weg te was en ons met God die Vader te versoen. Ons lees in 2 Korintiërs 5:18: Dit alles kom van God wat ons deur Christus met Homself versoen het. Jesus het gekom om ons met God te versoen. Wat Jesus vir ons aan die kruis gedoen het, was 'n offer wat ons vrymaak van sonde.

Daar is egter 'n voorwaarde. Ons moet Jesus aanneem as ons persoonlike Here en Saligmaker: Maar aan almal wat Hom wel aangeneem het, aan hulle wat in sy Naam glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word (Johannes 1:12).

读经计划介绍

Wat Jesus Gesê Het Oor Sondebelydenis

Sonde word slegs deur die bloed van Jesus afgewas. Hierdie leesplan sal jou help om te verstaan wat die gevolge van sonde is, wat om te doen as jy jou sonde bely en nie vergifnis beleef nie, hoe jy seker kan wees dat jou God jou sonde vergewe het en wat Jesus as sonde beskou.

More