Koffietyd met Jesus预览

Koffietyd met Jesus

5天中的第3天

Dag 3: Flou Koffie

Openbaring 3:15-16 “Ek ken jou handel en wandel. Ek weet dat jy nie koud of warm is nie. Was jy tog maar net koud of warm. Omdat jy so louwarm is, nie warm nie, en ook nie koud nie, is Ek op die punt om jou uit my mond te spoeg”. (NLV)

Hiérdie teksvers was aan die gemeente van Laodisea geskryf omdat hul gedink het hulle kan sonder God klaarkom. Hulle was ryk en “onafhanklik” van God. Dit het met hulle goed gegaan, dus was hulle nie veel gepla oor hul geestelike welstand nie.

Die geestelike temperatuur van Laodisea was louwarm. Hul geur was flou. Het jy al flou koffie gedrink? Mens kan nie anders as om dit uit te spoeg nie. Só 'n koppie koffie is nie reg gebrou sodat dit geurig en warm kan wees nie. Só voel God oor ons toewyding en gehoorsaamheid aan Hom. Dit is juis Hy wat sy hand oor ons hou en ons versorg. Om “flou” te wees maak geen impak in die wêreld nie. Niemand kan louwarm koffie ruik nie.

Gebed: Hemelse Vader, soms kan ek flou voel, maar ek wil nie so wees nie. Ek wil graag ‘n warm geurige impak in die wêreld maak. Ek wil nooit onafhanklik van U wees nie. Ek wil hê u Gees moet my warm maak.

Doen ‘n toets deur flou, louwarm koffie te proe as ‘n letterlike daad van hoe sleg dit is. Só sal jy onthou en seker maak dat jy veel meer as dit kan wees.

读经计划介绍

Koffietyd met Jesus

Enige koffieliefhebber kan getuig van die lieflike aroma wat koffie gee, veral vroegoggend. Die eerste slukkie land sag op die tong en soms maak jy selfs jou oë in die oomblik toe. Deesdae is daar sóveel geure koffie beskikbaar. ‘n Nuwe kultuur het ontstaan. Ek en jy dra ook daagliks ‘n aroma, maar dit word bepaal deur hoe ons die dag begin.

More