Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas预览

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

43天中的第37天

Memoriseervers

Verder sê Hy vir hulle: “So staan daar geskrywe: ‘Die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, en in sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word, van Jerusalem af en verder.’ Julle is getuies van hierdie dinge" (Lukas 24:46-48).

Uitdaging vir die week

Ons Skrifgedeeltes hierdie week fokus op wat dit beteken om ware geloof te hê en hoe dit lyk om ‘n dissipel van Jesus te wees. Teken die kenmerke van geloof en dissipelskap aan terwyl jy hierdie gedeeltes lees. Vertoon jy dit in jou lewe en verhouding met God? Hoe leef jy elke dag ware geloof uit? Hoe leef jy as ‘n ware dissipel van Jesus? Is daar areas waar jy kan groei?

读经计划介绍

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

In die Evangelie van Lukas vind ons 'n unieke beskrywing van Jesus se lewe. Lukas wys ons hoeveel Jesus sy mense raaksien, hulle ken en omgee vir hulle. Sluit by ons aan vir hierdie ses weke lange Bybelstudie wat ontwerp is om ons te help verstaan wie Jesus is, hoe Hy omgee vir sy mense en hoe dit lyk om Hom te volg.

More