Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas预览

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

43天中的第11天

Lees Lukas 4:31-5:11

SOAP Lukas 5:8-11

Toe Simon Petrus dit sien, val hy voor Jesus se knieë neer en sê: “Gaan weg van my af, Here, want ek is 'n sondige mens.” Hy en almal wat saam met hom was, was stom verbaas oor die groot klomp vis wat hulle gevang het. Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Toe sê Jesus vir Simon: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.” En nadat hulle die skuite op die strand getrek het, het hulle alles net so laat lê en sy volgelinge geword.

Oordenking

Jesus het baie wonderwerke gedoen nadat Hy uit Nasaret weg is. Hy het duiwels uitgedryf, siekes gesond gemaak en sy mag en beheer oor die natuur getoon. Hy het wysheid en outoriteit geopenbaar en baie het bymekaargekom om na sy onderrig te luister. Jesus het voortgegaan om sy godheid te openbaar en oor die koninkryk van God te leer en baie het in Hom geglo en Hom gevolg.

‘n Unieke aspek van Lukas se Evangelie is hoe hy op spesifieke mense fokus en aandui hoe hulle tot geloof gekom het. Daardeur kan ons as lesers insig kry in hoe God deur sowel openbare magsvertoon as deur persoonlike dade van goedhartigheid die harte van sy mense aangegryp het.

Kyk byvoorbeeld na Simon Petrus. Wanneer daar die eerste keer in Lukas se Evangelie van Simon melding gemaak word, verneem ons dat sy skoonma siek is met ‘n hoë koors. Ons weet nie hoeveel mense gesien het hoe Jesus haar gesond maak nie, maar met inagneming van die grootte van ‘n tipiese huis in eerste-eeuse Israel, kon dit nie baie gewees het nie. Jesus het vir Simon en sy gesin omgegee, en Hy het medelye en goedhartigheid aan hulle betoon toe hulle dit nodig gehad het.

Later het Jesus in Simon se skuit geklim om ‘n groot skare mense te leer. Daarna het Simon en sy medevissers ‘n reusagtige visvangs gehad nadat hulle die nag vantevore niks gevang het nie.

Toe Simon sien wat Jesus vir hom gedoen het, het hy besef wie Jesus werklik is. Hy het geweet dat Jesus die Seun van God is en hy het erken dat hy ‘n sondaar is. Jesus het hom op daardie oomblik gerusgestel en vir hom ‘n nuwe doel gegee en Simon het alles net so gelos en Jesus gevolg.

Of dit nou ‘n wonderbaarlike, openbare vertoon van God se mag of sy intieme, persoonlike aanraking in ons oomblik van nood is, God weet hoe om tot ons deur te dring. Hy sal enigiets doen om by ons uit te kom. Hy het nog nie opgehou werk nie, met ander woorde Hy het nog nie opgehou om ter wille van jou in te gryp nie. Ten spyte van ons trots en sonde sê Jesus Hy klop aan die deur van ons hart en wag dat ons vir Hom oopmaak. Hy wil hê jy moet Hom vertrou en sien asook weet en glo dat Hy die Seun van God is en dat Hy innig vir jou omgee.

读经计划介绍

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

In die Evangelie van Lukas vind ons 'n unieke beskrywing van Jesus se lewe. Lukas wys ons hoeveel Jesus sy mense raaksien, hulle ken en omgee vir hulle. Sluit by ons aan vir hierdie ses weke lange Bybelstudie wat ontwerp is om ons te help verstaan wie Jesus is, hoe Hy omgee vir sy mense en hoe dit lyk om Hom te volg.

More