Kom, Here Jesus, Kom预览

Lees: Lukas 21
SOAP: Lukas 21:34–36
Wees op julle hoede dat julle gees nie deur onmatige etery en drinkery en deur die sorge van die lewe afgestomp word nie en dat daardie dag julle nie onverhoeds soos 'n vangnet oorval nie. Daardie dag sal skielik op al die bewoners van die hele aarde neerkom. Maar wees waaksaam en bid altyddeur dat julle die krag kan ontvang om deur al hierdie dinge wat gaan gebeur, behoue deur te kom en om voor die Seun van die mens te verskyn.
Oordenking
Dit is moeilik om nie toe te laat dat die vrese en angs van hierdie lewe ons harte beswaard maak nie. In die afgelope paar jaar het ons gesien hoe baie mense sukkel onder die gewig van hul omstandighede. Soms voel dit of wanhoop oral om ons is.
Mense het hoop nodig. Mense het Jesus nodig. Hulle moet weet dat die goeie op die ou end sal oorwin en dat hulle saam met Christus altyd hoop op die hemel sal hê, ‘n hoop wat eendag ‘n werklikheid sal wees vir almal wat hul geloof in Jesus Christus geplaas het.
Intussen moet ons die Woord van God gebruik om die vrese en bekommernisse wat ons in die gesig staar te beveg. Ons kan nie passief toelaat dat onsself en ander deur wanhoop oorweldig word nie. Ek hou baie van hoe vers 34 sê dat ons moet oppas dat ons harte nie beswaar word nie.
Om op te pas is iets wat ons aktief en doelgerig moet doen. Ons moet doelbewus terugveg teen die bekommernisse wat ons in die lewe in die gesig staar deur ons laste na God te bring in gebed en besef dat hierdie wêreld nie ons tuiste is nie. Beter dae lê voor. Jesus kan enige tyd terugkeer. Die pyne, verdukkinge en bekommernisse van hierdie lewe sal nie vir ewig duur nie. God het ‘n plan en niks is buite sy beheer nie.
Gebed
Liewe Here, gee ons die krag om te volhard. Help ons om op U gefokus te bly sowel as op die hoop van ewigheid wat ons in U het. Beskerm ons soos U terugkoms nader en nader kom. Help ons om dapper te wees op die dae wat ons wil wegkruip. Gee ons die onderskeidingsvermoë soos hierdie wêreld meer en meer bedrieglik word. Help ons om wakker te bly en ons lewens in doelgerigte afwagting te leef terwyl ons geduldig wag vir u terugkeer. Tot daardie dag bid ek, kom Here Jesus kom. Amen.
圣经
读经计划介绍

Ek glo ons almal voel dit aan. Daar het ‘n verskuiwing gekom. Die wêreld voel buite beheer en dit lyk asof wat ons oor die laaste dae in die Bybel gelees het, voor ons oë bewaarheid word. Ons dae is ‘n mengelmoes van vrees, misleiding en onenigheid. Kyk ons na die toekoms, voel baie van ons wanhopig. Die antwoord is God. God is ons hoop en ons bestemming.
More