Vreugde vir vandag: 14 vreugdevolle dae met God预览

“Gee ’n glimlag”
Wetenskaplikes beweer ’n mens gebruik meer gesigspiere wanneer jy frons as wanneer jy glimlag. ’n Frons werk stres in die hand – selfs as jy net teen iemand ánders se frons vaskyk. (Dit gee jou boonop plooie.)
As ’n mens gelukkig is, stuur jy beslis nie fronse na ander uit nie. ’n Glimlag het die gevolg dat dit mense goed laat voel. As iemand vir jou glimlag, vind jy dat jy spontaan terugglimlag en sommer dadelik beter voel. Om ’n glimlag te ontvang en een terug te gee, maak jou gelukkig. Daar is ’n ou gesegde wat lui dat as jy iemand sonder ’n glimlag sien, jy hom een van joune moet gee. Maak dit jou lewensleuse en deel jou glimlagte kwistig uit – veral tussen mense wat nie maklik glimlag nie.
Lundqvist en Dimberg het in 1995 ’n ondersoek gedoen wat bevind het dat mense die gesigsuitdrukkings van die mense rondom hulle naboots. Treurige gesigte het méér treurige gesigte tot gevolg terwyl glimlaggende gesigte ander mense laat glimlag en gelukkig laat voel. Jóú glimlag maak ander mense gelukkig, wat op sy beurt weer vir jóú gelukkig maak, sê David Niven in THE 100 SIMPLE SECRETS OF HAPPY PEOPLE.
GEBED: Here, ek is jammer dat ek so baie keer met ’n suur gesig rondloop. Ek besef dat dit u wil is dat ek vriendelik sal wees teenoor almal. Help my om méér te glimlag sodat ek ander mense en ook myself gelukkig kan maak. Amen.
Hierdie oordenking is geneem uit BLOEISELS VAN HOOP deur Nina Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy.

读经计划介绍

Om werklik gelukkig te wees en met blydskap te leef, is waarna elkeen van ons streef. Wanneer ons God se leiding vir ons lewe aanvaar, sy gebooie gehoorsaam en die regte keuses binne sy plan vir ons maak, kan ons geluk en geloof groei. Hierdie 14-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Nina Smit. Elke dag bevat ’n Skrifverwysing, ’n oordenking oor geluk en ’n slotgebed. Hierdie oordenkings is geneem uit Nina se dagboek BLOEISELS VAN HOOP.
More