10 Mini-Oordenkings Vir Vroue预览

Jy is kosbaar
As jy vinnig deur hierdie vers lees, sal jy ’n baie belangrike woord mis: kosbaar. Dink net: jy is kosbaar vir die Skepper! In die een of ander stadium van ons lewe het ons almal omstandighede geken wat soortgelyk is aan wat hier genoem word. Dié vers bevestig dat ons elkeen vir God kosbaar is. Hy gee selfs om of daar ’n enkele druppel van jou bloed verspil word. Jou lewe is vir Hom kosbaar. Dit laat jou nogal baie spesiaal voel, nie waar nie?
读经计划介绍

Carolyn Larsen wil jou daagliks herinner aan die wonderlikste geskenk denkbaar: die wete dat God jou liefhet. Laat jouself elke dag bemoedig word deur sy onvoorwaardelik liefde en ewige nabyheid. Hierdie 10 kort en inspirerende oordenkings is geneem uit MINI-OORDENKINGS VIR VROUE.
More