Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van Johannes预览

Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van Johannes

43天中的第8天

Oordenkingsvrae:

1. Wat is die sentrale boodskap van Johannes se evangelie?

2. Wat was die drie getuienisse wat Johannes die Doper oor Jesus gegee het? Watter uitwerking het dit op Johannes se dissipels gehad?

3. Glo jy in Jesus as gevolg van wat jy Hom sien doen het (gebede verhoor of materiële seëninge verskaf)? Glo jy in Jesus as gevolg van wie Hy is?

4. Wat was die eerste wonderteken wat Jesus gedoen het? Waarom was dit belangrik? Wat was die gevolg van hierdie teken?

5. Lees Levitikus 5:6–13. Waarom was dit betekenisvol dat die handelaars diere aan die mense verkoop het? Hoe het dit God se huis ontreinig?

读经计划介绍

Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van Johannes

Die Evangelie van Johannes is ‘n verslag van die lewe van Jesus. In hierdie boek vind ons antwoorde op baie van die lewe se oënskynlik onmoontlike vrae. Deur die lees van hierdie Evangelie kan ons te wete kom wat dit beteken om in Jesus te glo en wat dit beteken om die ewige lewe te hê. As jy al ooit vrae oor geloof gehad het, is hierdie Bybelstudie vir jou.

More