Oomblikke Van Inspirasie预览

Oomblikke Van Inspirasie

10天中的第9天

MOEGHEID 

Hoe kan ek regtig rus? 

God sal jou nuwe krag gee wanneer jy moeg is. Wanneer jy in aanbidding na Hom toe kom, verkwik Hy jou hart. Wanneer jy in gebed na Hom toe kom, verkwik Hy jou siel. Wanneer jy in meditasie na Hom toe kom, verkwik Hy jou denke. Wanneer jy Hom in alleenwees opsoek, verkwik Hy jou liggaam. Wanneer jy met dankbaarheid na Hom toe kom, verkwik Hy jou perspektief. As ’n mens dit doen, verlig dit die laste van die lewe en put jy krag uit God, die bron van krag.

Ek het gaan lê en slaap en weer wakker geword, want die Here het oor my waggehou. (Psalm 3:6)

读经计划介绍

Oomblikke Van Inspirasie

Op enige tydstip in jou lewe kan jy jou in ’n uitdagende situasie bevind – van spanning by die werk en huishoudelike uitdagings tot finansiële probleme. Ware moed spruit egter uit die wete dat God groter is as jou grootste probleem en dat Hy wil hê jy moet sy krag gebruik in sulke omstandighede. Skep moed met hierdie 10 kort en kragtige oordenkings uit OOMBLIKKE VAN INSPIRASIE.

More