Opgestaan预览

Opgestaan

43天中的第34天

Lees: Lukas 24:36-53; Handelinge 4:32

SOAP: Handelinge 4:32

Die vroeë kerk het op 'n unieke manier geleef in vergelyking met die res van die gemeenskap. Hulle het trouens op 'n unieke manier tot elke kultuur geleef! Die vroeë gelowiges in Christus het alles gedeel wat hulle gehad het. Hulle was verenig as een en het aan mekaar gegee wat hulle ookal gehad het, sodat niemand van hulle 'n onvervulde behoefte sou hê nie.

Die opstanding van Christus was op die voorpunt van hulle gedagtes. Hulle het geleef met die voortdurende herinnering dat Jesus op enige oomblik kon terugkeer, en daar was baie werk vir die koninkryk. Hulle het mekaar en die werk om die evangelie te versprei, prioriteit gemaak. Die opstanding het hulle perspektief op hul hulpbronne verander. Hulle het in geloof gegee met die wete dat God vir hulle voorsien het en sou aanhou om vir hulle te sorg. Deur in die geloof te leef, het hulle in eenheid met mekaar en in eenheid met Christus geleef.

Here Jesus, dankie vir die wonderlike voorbeeld van die vroeë kerk. Help my om met ander gelowiges in hierdie tipe gemeenskap verenig te word. Help ons om te verstaan dat ons hulpbronne alleenlik van U af kom, en laat ons vrygewig wees en gewillig om te deel. Amen.

读经计划介绍

Opgestaan

Hy het opgestaan! Hy het regtig opgestaan! Hierdie studie delf diep in die opstanding van Jesus en ondersoek die maniere waarop die grootste wonderwerk die geskiedenis verander het, die mensdom verander het en ons verander. Die opstanding verander ons fisies, geestelik, wettiglik, verstandelik, sosiaal en vir ewig en ons sien daarna uit om elkeen van hierdie in diepte te bestudeer.

More