Die Christelike Lewe
Die Bybel Het Wát Gesê?
As jy al ooit vrae oor die Bybel gehad het, is jy in goeie geselskap! Ons was al almal daar. Soms kan dele van die Bybel regtig verwarrend wees. In hierdie leesplan sal ons sommige Skrifgedeeltes bespreek wat moeilik kan wees om te verstaan en ons sal handige wenke leer om die Skrif te bestudeer.
Vernietig Kriptoniet (Saam Met John Bevere)
Net soos Superman elkeen van sy vyande kan verslaan, so het jy as 'n Christen ook die bonatuurlike vermoë om enige uitdaging te bowe te kom. Die probleem vir beide jou en Superman, is dat daar kriptoniet is (fiktiewe chemiese stof wat Superman verswak), wat jou krag steel. Hierdie leesplan sal jou help om geestelike "kriptoniet" in jou lewe uit te roei, sodat jy jou Godgegewe potensiaal kan bereik en die lewe sonder enige beperkings kan aangryp.
Veranderd
Christus het na die wêreld gekom om ons lewens en die verloop van ons lotsbestemming te verander. In hierdie leesplan sal ons praat oor die uitwerking van daardie veranderinge.
Wedstryd Van Die Lewe
Die lewe en sport het baie raakpunte. Dit vra harde werk, oefening en toewyding om ’n wenner in sport te wees – en so ook in die lewe. Maak God die “afrigter” van jou lewe. Doen die spel van die lewe saam met God in sy span – dit maak jou ’n wenner! Hierdie leesplan is saamgestel uit WEDSTRYD VAN DIE LEWE deur Johan Smith en Jan Willem Swanepoel.
Infinitum Advent Aanskou Skoonheid, Week 1
Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestyd nader met die doel om meer bewus te word van God se hart. Sluit by ons aan vir vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Breek, Plek Maak en Verras Word deur God. Soos met al die beste dinge in die lewe, word hierdie reis die beste saam met ander geneem — kry dus 'n vriend of twee asook jou sin van verwondering terwyl jy die Adventstyd inbeweeg.
Wat Jesus Gesê Het Oor Geld en Fisiese Voorsiening
Geld speel 'n baie groot rol in mense se lewens. In die lewe van baie mense speel dit 'n te groot rol. Hierdie leesplan wil 'n aantal riglyne gee oor hoe ons geld moet gebruik en God se versorging vir ons behoeftes.
Leef Vry
Jesus het gekom om ons te bevry, maar daar kan beslis seisoene in ons reis saam met Hom wees waar ons alles behalwe vry kan voel. Hierdie 5-dag leesplan sal ons uit ons grendels laat los breek terwyl dit ons toerus en bemagtig om die lewe van vryheid te leef wat Christus elke dag vir ons begeer. Vir meer inligting, besoek finds.life.church
60 Om Nuut Te Begin
Hierdie 60-dag leesplan is ontwerp om jou te help om 'n verhouding met Jesus te begin (of van nuuts af te begin). Jy sal drie dinge doen elke dag: ontmoet vir Jesus in die boeke van die apostels, lees die briewe om te sien hoe sy gelowiges sy boodskap uitgeleef het en groei in 'n dieper verhouding met Hom deur gebed.
Herken God se stem
Priscilla Shirer se 7-dagleesplan om die stem van God te onderskei, verken die oorsprong van daaglikse, duidelike kommunikasie met God – nederige gehoorsaamheid. Kom leer saam hoe totale oorgawe aan God sy seëninge aan ons ontsluit, ons binne sy wil hou en ons help om sy stem in ons alledaagse lewe te hoor.