PSALMS 114

114
Die aarde moet bewe as die Here verskyn
1Toe Israel uit Egipte getrek het,
toe die nageslag van Jakob getrek het,
weg van die volk met die onverstaanbare taal af,
2het Juda sy gewyde besit geword
en Israel sy magsgebied.
3Die see het dit gesien en op die vlug geslaan,
die Jordaan het teruggedraai,
4die berge het rondgespring soos ramme,
die rante soos lammers.
5Wat is dit met jou, see, dat jy op die vlug slaan,
wat is dit, Jordaan, dat jy terugdraai,
6berge, dat julle soos ramme rondspring,
en julle, rante, soos lammers?
7Bewe, aarde, as die Here verskyn,
as die God van Jakob verskyn,
8Hy wat rots in waterkuile verander,
harde klip in fonteine.

Àwon tá yàn lọ́wọ́lọ́wọ́ báyìí:

PSALMS 114: AFR83

Ìsàmì-sí

Pín

Daako

None

Ṣé o fẹ́ fi àwọn ohun pàtàkì pamọ́ sórí gbogbo àwọn ẹ̀rọ rẹ? Wọlé pẹ̀lú àkántì tuntun tàbí wọlé pẹ̀lú àkántì tí tẹ́lẹ̀