PSALMS 133

133
As broers eensgesind saam woon
1'n Pelgrimslied. Van Dawid.
Hoe goed, hoe mooi is dit
as broers eensgesind saam woon!
2Dit is soos reukolie
wat van die kop af in die baard afloop,
die baard van Aäron,
af tot by die soom van sy klere.
3Dit is soos die dou van Hermonberg
wat op die berge by Sion val.
Waar broers so saam woon, skenk die Here sy seën:
'n lang, lang lewe.

موجودہ انتخاب:

PSALMS 133: AFR83

سرخی

شئیر

موازنہ

کاپی

None

کیا آپ جاہتے ہیں کہ آپ کی سرکیاں آپ کی devices پر محفوظ ہوں؟ Sign up or sign in