Psalms 90

90
’n Gebed wat opgedra is aan Moses, die groot man van God
1Here, in die verlede het U ons en ons ouers beskerm. So was dit nog altyd.
2Nog voordat die berge daar was en voordat U die wêreld gemaak het,
ja, van altyd en altyd af is U die ware God.
3U laat toe dat die mens doodgaan.
U sê: “Mens, word weer stof waaruit jy gemaak is.” En so keer die mens terug na die grond toe waaruit U hom gemaak het.
Die mens se lewe gaan baie gou verby.
4In die Here se oë word tyd nie met ’n horlosie gemeet of volgens die almanak bepaal nie, want 1 000 jaar is vir U presies dieselfde as een dag.
5Die lewe is kort. U vat die lewe terug.
Dit gaan so vinnig verby soos een dag se werk vinnig agter die rug is.
Die een jaar na die ander laat U soos water wegspoel.
Dit gaan so gou verby soos tyd as ’n mens slaap.
Die lewe is soos gras.
6In die môre sien jy nuwe grassies opkom; dit is groen en vol lewe, maar teen die aand se kant het dit uitgedroog. Dan moet jy dit afsny.
7U woede bring ’n vinnige einde aan ons lewe.
Ons is baie bang vir u woede, 8want U weet van al ons slegte dade.
Selfs die verkeerde dinge wat ons vir U probeer wegsteek, is oop en bloot voor U.
9Elke dag van ons lewe gaan vinnig verby as U vir ons kwaad is.
Die lewe skiet so vinnig soos ’n gedagte by ons verby.
10Die meeste van ons word maar so 70 jaar oud.
Mense wat sterker is, kan dalk nog 80 haal. Maar die lewe loop hand aan hand met swaarkry en hartseer.
En dit gaan so bitter gou verby.
Die dood kom nog vinniger as wat ons dink.
11Here, ons het ervaar hoe kwaad U vir ons kan word.
Wie weet beter as ons hoe groot U woede is.
Ons dien U nie soos U regtig verdien nie. Ons skiet ver te kort.
12Daarom vra ons: Help ons om U te dien en om gelukkig te lewe. Maak ons slim sodat ons elke dag sal gebruik om reg te doen.
13Here, hoe lank gaan U nog kwaad bly? Wanneer kom help U ons?
Omvou almal wat U dien met u liefde! 14Gee ons elke dag arms vol van u groot liefde!
Dan sal ons vir die res van ons lewe juig en bly wees.
15Gee vir ons net soveel blydskap as die swaarkry wat ons gehad het.
16Laat almal wat U dien, raaksien wat U doen.
Wys vir ons wat ’n vol en gelukkige lewe U gee, ook vir ons kinders.
17Ons bid dat die Here ons God vir ons baie goed sal wees.
Maak al ons planne voorspoedig.
Gee sukses op alles wat ons begin doen het.

Seçili Olanlar:

Psalms 90: DB

Vurgu

Paylaş

Kopyala

None

Önemli anlarınızın tüm cihazlarınıza kaydedilmesini mi istiyorsunuz? Kayıt olun ya da giriş yapın

YouVersion, deneyiminizi kişiselleştirmek için tanımlama bilgileri kullanır. Web sitemizi kullanarak, Gizlilik Politikamızda açıklandığı şekilde çerez kullanımımızı kabul etmiş olursunuz