Psalms 48

48
1’n Lied geskryf vir die koor van Korag
2Groot is die Here! Hoe geweldig baie beteken Hy nie vir ons nie!
Ons wil Hom maar net loof, hier in sy stad op die berg.
3Hoog teen die berg lê die stad.
Dit maak almal op aarde sommer bly.
Dit is die stad in die noorde. Daar bly die groot Heerser oor alles.
4Die stad het sterk mure, maar God is eintlik die Een wat dit regtig beskerm.
5’n Klomp konings het kragte teen die stad saamgespan, hulle het bymekaargekom om die stad aan te val.
6Toe hulle die stad sien, het hulle so groot geskrik dat hulle so vinnig weggehardloop het as wat hulle kon.
7Hulle was so bang soos ’n vrou net voor sy haar baba in die wêreld bring;
8ja, net soos mense op skepe wat magteloos in ’n vernietigende storm vernietig word.
9Ons het hierdie dinge eers gehoor, maar nou het ons dit met ons eie oë gesien.
Dit het alles hier in die stad van ons Here, die groot Bevelvoerder, gebeur.
Dit is die stad van ons God, wat Hy onbeweeglik vas laat staan, vir altyd.
10As ons hier in u huis sit,
dink ons gedurig aan hoe goed en lojaal U teenoor ons is, o God.
11Oral in die wêreld weet mense van U, o God.
Hulle praat met groot lof van U,
want U help op ’n regverdige wyse mense uit hulle nood.
12Al die mense by u huis moet oorloop van blydskap. Die mense in die omgewing moet opgewonde wees, want U het gedoen wat U besluit het.
13Loop rondom Jerusalem en bewonder al die pragtige torings 14en die mooi muur.
Kyk net hoe sterk lyk die stad. Dan sal julle vir julle kinders daarvan kan vertel.
15Hierdie God is ons s’n. Vir altyd en altyd sal Hy ons God bly.
Hy sal elke keer vir ons wys waarheen ons moet gaan.

Seçili Olanlar:

Psalms 48: DB

Vurgu

Paylaş

Kopyala

None

Önemli anlarınızın tüm cihazlarınıza kaydedilmesini mi istiyorsunuz? Kayıt olun ya da giriş yapın

YouVersion, deneyiminizi kişiselleştirmek için tanımlama bilgileri kullanır. Web sitemizi kullanarak, Gizlilik Politikamızda açıklandığı şekilde çerez kullanımımızı kabul etmiş olursunuz