PSALMS 60

60
God is die Oorwinnaar
1Vir die koorleier: Op die wysie van “Die lelie”. ’n Getuienis. ’n Gedig van Dawid, bedoel vir onderwysing 2met verwysing na sy geveg teen die Arameërs van Mesopotamië en die Arameërs van Sob, toe Joab teruggekeer het en 12 000 Edomiete in die Soutvlakte verslaan het.
3U het ons verstoot, o God,
ons verdediging afgebreek.
U was vir ons kwaad;
herstel tog u guns oor ons.
4U het ons land geskud
en dit oopgeskeur.
Heel tog die krake,
want dit stort ineen.
5U het u volk
laat swaarkry,
ons wyn laat drink
wat ons laat slinger.
6Vir dié wat U dien,
het U ’n vaandel gehys,
’n versamelplek
teen die boogskutters.
Sela
7Red ons met u krag en help ons
sodat U u geliefde volk kan red.
8In sy heilige woonplek
het God gesê:
“As oorwinnaar
sal Ek Sigem verdeel
en die vallei van Sukkot uitmeet.
9Gilead is Myne,
ook Manasse behoort aan My.
Efraim sal my krygsmanne
voortbring
en Juda sal my konings oplewer#60:9 Grondteks Efraim is die sterkte van my kop, Juda my wetgewer. Alternatiewe vertaling Efraim is my helm en Juda my staf..
10Moab sal my dienaar word
en Edom sal my slaaf wees.
Oor Filistea juig Ek
as oorwinnaar.#60:10 Grondteks Moab was my potte; oor Edom gooi Ek my skoen.
11Wie sal my lei
na die versterkte stad?
Wie sal my na Edom toe bring?
12Het U ons verwerp, o God?
Sal U, o God,
saam met ons leërs opruk?
13Help ons tog
teen ons vyande,
want menslike hulp
is waardeloos.
14Met God se hulp
sal ons seëvier,
want Hy sal ons vyande vertrap.

Seçili Olanlar:

PSALMS 60: NLV

Vurgu

Paylaş

Kopyala

None

Önemli anlarınızın tüm cihazlarınıza kaydedilmesini mi istiyorsunuz? Kayıt olun ya da giriş yapın

YouVersion, deneyiminizi kişiselleştirmek için tanımlama bilgileri kullanır. Web sitemizi kullanarak, Gizlilik Politikamızda açıklandığı şekilde çerez kullanımımızı kabul etmiş olursunuz