PSALMS 52

52
Ek vertrou op God se goedheid
1Vir die koorleier: ’n Gedig van Dawid, 2met verwysing na die keer toe Doëg die Edomiet gekom het en vir Saul vertel het: Dawid is in die huis van Agimelek.
3Hoekom spog jy
met jou boosheid,
man van mag?
God se troue liefde
is mos sonder einde!
4Jy beplan verwoesting.
Jou tong is skerp
soos ’n skeermes;
jy is ’n bewerker van bedrog.
5Jy verkies boosheid
bo goedheid
en leuens bo die waarheid.
Sela
6Jy geniet woorde wat vernietig,
en met jou tong bedrieg jy!
7Maar God sal jou
vir altyd neergooi.
Hy sal jou gryp,
jou uit jou woning wegsleep
en jou ruk uit die land
van die lewendes.
Sela
8Die regverdiges sal dit sien
en met eerbied vervul word.
Hulle sal lag en sê:
9“Kyk wat gebeur met die man
wat nie by God
geskuil het nie:
Hy het eerder
op sy rykdom vertrou,
en deur verwoesting
sterk geword.”
10Maar ek is soos ’n olyfboom
wat geil groei
in die huis van God.
Ek vertrou op God se goedheid
so lank as wat ek lewe.
11Ek sal U altyd loof, o God,
vir wat U gedoen het.
Ek sal op u Naam hoop,
want hulle wat aan U getrou is,
weet dat U goed is.

Seçili Olanlar:

PSALMS 52: NLV

Vurgu

Paylaş

Kopyala

None

Önemli anlarınızın tüm cihazlarınıza kaydedilmesini mi istiyorsunuz? Kayıt olun ya da giriş yapın

YouVersion, deneyiminizi kişiselleştirmek için tanımlama bilgileri kullanır. Web sitemizi kullanarak, Gizlilik Politikamızda açıklandığı şekilde çerez kullanımımızı kabul etmiş olursunuz