MATTEUS 10

10
Jesus stuur sy dissipels uit
1Jesus het sy twaalf dissipels na Hom toe geroep en aan hulle die volmag gegee om onrein geeste uit mense te dryf en elkeen met ’n siekte of kwaal gesond te maak. 2Hier volg die name van die twaalf apostels:
eerstens Simon (ook bekend as
Petrus),
en Andreas (sy broer),
vervolgens Jakobus (die seun van
Sebedeus)
en Johannes (sy broer),
3Filippus en Bartolomeus,
Tomas en Matteus (die tollenaar),
Jakobus (die seun van Alfeus)
en Taddeus,
4Simon (die Yweraar#10:4a Iemand met besondere godsdienstige en/of politieke ywer.)
en Judas Iskariot (wat Jesus sou
uitlewer#10:4b Of sou verraai.).
Jesus gee opdragte aan sy dissipels
5Jesus het hierdie twaalf uitgestuur met die volgende instruksies: “Moenie afdraai na gebiede waar die nie-Jode woon of in ’n Samaritaanse dorp ingaan nie. 6Gaan liewer na die verdwaalde#10:6 Of verlore. skape van die huis van Israel. 7Gaan kondig aan: ‘God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin!’ 8Maak siekes gesond, laat dooies opstaan, reinig dié met ernstige velsiektes, dryf bose geeste uit. Julle het hierdie volmag verniet ontvang. Doen daarom julle werk ook verniet.
9“Moenie enige kontant in julle beursies saamvat nie. 10Ook nie ’n reissak vir die pad of ’n ekstra drarok#10:10 Vgl by 5:40a. of ekstra sandale of selfs ’n kierie nie. ’n Werker verdien tog sekerlik om versorg te word. 11As julle in ’n dorp of kleiner plekkie ingaan, maak seker by wie julle welkom is en bly daar totdat julle weer vertrek. 12As julle in ’n huis ingaan, begroet sy inwoners met die vredesgroet.#10:12 Vrede vir julle, die gebruiklike Joodse groet. 13As julle in daardie huis welkom is, sal God se vrede daarop bly. Maar as julle nie welkom is nie, moet julle julle vredesgroet terugtrek. 14As hulle julle nie wil ontvang of wil luister na wat julle sê nie, gaan uit daardie huis of dorp uit en skud die stof van julle voete af#10:14 As teken dat hulle hulle aan hulle eie lot oorlaat..
15“Ek verseker julle, op die oordeelsdag sal dit met die sondige stede Sodom en Gomorra beter gaan as met daardie dorp.”
Die dissipels sal vervolg word
16“Let op, Ek stuur julle soos weerlose skape onder die wolwe in. Wees dan waaksaam#10:16a Slange is as intelligent beskou. soos die slange, maar terselfdertyd opreg#10:16b Of sonder valsheid of kwaad. soos die duiwe. 17Pas op vir die mense! Hulle sal julle aan die howe#10:17 Grondteks die Sanhedrins. oorgee en in hulle sinagoges met gésels slaan. 18Julle sal voor goewerneurs en konings gesleep word ter wille van My. Dit sal vir julle ’n geleentheid wees om voor hulle en die volke van My te getuig. 19Wanneer hulle julle oorgee, moenie julle bekommer oor wat julle ter verdediging moet sê nie, want die regte woord sal op die regte tyd vir julle gegee word. 20Dit sal nie júlle wees wat die praatwerk doen nie, maar die Gees van julle Vader wat julle as sy spreekkanale sal gebruik.
21“Die een broer sal die ander een oorgee om doodgemaak te word en ’n pa sy kind. Kinders sal teen hulle ouers optree en so hulle dood veroorsaak. 22Julle sal deur almal gehaat word omdat julle mý mense is. Maar elkeen wat sal volhou tot die einde toe, sal verlos word. 23As hulle julle in die een dorp vervolg, vlug dan na die ander een toe. Ek verseker julle, julle sal nie klaarkry met die dorpe van Israel voordat Ek, die Seun van die Mens, kom nie.
24“’n Leerling is nie verhewe bo sy onderwyser nie. ’n Slaaf ook nie bo sy baas nie. 25’n Leerling behoort tevrede daarmee te wees as dit met hom gaan soos met sy onderwyser, en die slaaf soos met sy baas. As hulle My, die hoof van die huishouding, as Beëlsebul#10:25 Grondteks die prins van die bose geeste. uitskel, watter nare dinge sal hulle dan nie van julle, my huismense, sê nie!”
Moenie vir ménse bang wees nie
26“Moenie vir hulle bang wees nie! Die tyd kom wanneer alles wat op die oomblik nog weggesteek word, aan die lig sal kom en alles wat nou nog geheim is, bekendgemaak sal word. 27Wat Ek vir julle vertroulik sê, vertel dit vir almal. En wat in julle ore gefluister word, basuin dit van die dakke af. 28Moenie bang wees vir hulle wat julle wil doodmaak nie. Hulle kan net julle liggame doodmaak; aan julle eintlike menswees#10:28 Grondteks siele. kan hulle nie raak nie. Wees veel eerder bang vir Hom wat julle liggaam én eintlike menswees in die hel kan vernietig. 29Julle weet dat twee mossies vir ’n skamele sent verkoop word. Tog beland nie een van hulle hulpeloos op die grond sonder dat julle Vader daarby betrokke is nie. 30Wat julle betref, is elke haar op julle kop getel. 31Wees daarom nie bang nie. Julle is vir Hom meer werd as ’n hele swerm mossies.
32“As julle My openlik erken voor die mense, sal Ek julle ook openlik erken voor my hemelse Vader. 33Maar as julle My verloën voor die mense, sal Ek julle ook verloën voor my hemelse Vader.”
Jesus bring nie vrede nie, maar stryd
34“Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op aarde te bring nie! Nee, Ek het nie vrede gebring nie, maar stryd#10:34 Grondteks swaard.. 35Ek het gekom om skeiding te bring
tussen ’n man en sy pa
en ’n dogter en haar ma,
tussen ’n skoondogter en haar
skoonma.
36Selfs ’n mens se eie familie
sal jou vyande wees.
37“As jy jou pa of jou ma liewer het as vir My, verdien jy nie om een van my mense te wees nie. Of as jy jou seun of jou dogter liewer het as vir My, verdien jy nie om een van my mense te wees nie. 38As jy weier om jou kruis op jou skouers te neem en My te volg, verdien jy nie om een van my mense te wees nie. 39As jy selfsugtig aan jou eie lewe vasklou, sal jy dit verloor. Maar as jy dit ter wille van My opoffer, sal jy werklik voluit lewe.”
Belonings vir hulle wat God se gestuurdes goed behandel
40“Elkeen wat julle verwelkom, verwelkom My. En wie My verwelkom, verwelkom die Vader wat My gestuur het. 41As jy ’n profeet verwelkom omdat hy God se boodskap bring, sal jy dieselfde beloning kry as ’n profeet. En as jy iemand wat reg lewe#10:41 Grondteks regverdige., verwelkom omdat hy reg lewe, sal jy dieselfde beloning as hy ontvang. 42Selfs as jy ’n beker koue water aan een van my geringste dissipels sou gee bloot omdat hy ’n dissipel is, verseker Ek jou dat jy jou beloning nie sal misloop nie.”

Seçili Olanlar:

MATTEUS 10: NLV

Vurgu

Paylaş

Kopyala

None

Önemli anlarınızın tüm cihazlarınıza kaydedilmesini mi istiyorsunuz? Kayıt olun ya da giriş yapın

YouVersion, deneyiminizi kişiselleştirmek için tanımlama bilgileri kullanır. Web sitemizi kullanarak, Gizlilik Politikamızda açıklandığı şekilde çerez kullanımımızı kabul etmiş olursunuz