HANDELINGE 14

14
Ook Ikonium hoor die Goeie Nuus
1In Ikonium het dit ook so gegaan. Paulus en Barnabas het weer die Joodse sinagoge binnegegaan en daar gepreek, en ’n groot aantal Jode en Grieke het gelowig geword. 2Maar die Jode wat nie oortuig geraak het nie, het die gemoedere van die nie-Jode opgesweep en hulle teen die gelowiges#14:2 Of Paulus en Barnabas. Grondteks broers. aangehits.
3Die apostels het ’n taamlike tyd daar deurgebring en in vertroue op die Here met vrymoedigheid gepreek. Die Here het ook die waarheid van die boodskap van sy genade#14:3 Of onverdiende goedheid. bevestig deur te gee dat tekens en wonders deur die apostels se toedoen plaasvind. 4Die mense in die stad was verdeeld: party het hulle by die Jode geskaar en party by die apostels.
5Op ’n stadium het die nie-Jode en die Jode, saam met hulle leiers, beplan om die apostels aan te rand en met klippe dood te gooi. 6Toe die apostels dit agterkom, het hulle na Listra en Derbe en die Likaonië-omgewing gevlug. 7Dáár het hulle toe die Goeie Nuus verkondig.
Paulus en Barnabas bring die Goeie Nuus aan die mense van Listra
8In Listra was daar ’n man wat sy voete nie kon gebruik nie. Van sy geboorte af was hy verlam en kon hy nooit loop nie. 9Hy het geluister terwyl Paulus praat. Paulus het stip na hom gekyk en gesien dat hy die geloof het om gesond gemaak te word. 10Toe het hy met ’n harde stem gesê: “Op jou voete!” Die man het opgespring en begin rondstap.
11Toe die skare sien wat Paulus gedoen het, roep hulle in Likaonies uit: “Die gode het met mensliggame#14:11 Of soos mense geword en. na ons toe afgekom!” 12Hulle het Barnabas “Zeus” begin noem en Paulus, omdat hy die een was wat die praatwerk gedoen het, “Hermes”. 13Die Zeustempel was net buite die stad. Die priester van die tempel het bulle en blomkranse na die stadspoort toe gevat, en hy het gereedgemaak om saam met die skare offers aan die apostels te bring.
14Toe die apostels Barnabas en Paulus daarvan hoor, het hulle hulle klere geskeur en tussen die skare ingespring en geskreeu: 15“Mense, waarom doen julle dit? Ons is mense, net soos julle. Ons bring vir julle die Goeie Nuus dat julle hierdie nikswerd kamstige gode#14:15 Of nikswerd dinge. moet laat staan en julle tot die lewende God bekeer. Dit is Hy wat die hemel en die aarde en die see en alles wat in hulle bestaan, gemaak het. 16In vorige geslagte het Hy die ander nasies toegelaat om hulle eie koers te kies, 17maar tog het Hy duidelike getuienis gegee dat dit Hy is wat die goeie dinge gee: Hy het vir julle reën gegee van die hemel af, en oeste op hulle tyd; Hy het julle volop kos gegee en in julle harte volop vreugde.” 18Maar selfs met hierdie woorde kon die apostels skaars keer dat die mense offers aan hulle bring.
19Toe het daar Jode van Antiogië en Ikonium af gekom en die mense na hulle kant toe oorgehaal. Hulle het Paulus gestenig en hom uit die stad gesleep onder die indruk dat hy dood is. 20Toe gelowiges#14:20, 22a, 28 Grondteks dissipels. ’n kring rondom hom begin vorm, het hy opgestaan en weer die stad ingegaan. Die volgende dag het hy en Barnabas na Derbe toe vertrek.
Paulus en Barnabas terug na Antiogië in Sirië
21Paulus en Barnabas het die Goeie Nuus ook in Derbe verkondig, en hulle het ’n redelike aantal volgelinge van Jesus bygekry. Daarna het hulle na Listra, Ikonium en Antiogië in Pisidië toe teruggegaan. 22Hulle het die gelowiges#14:20, 22a, 28 Grondteks dissipels. geestelik versterk en hulle aangespoor om vol te hou met die geloof. “Ons moet eers deur baie verdrukking gaan voordat ons voluit aan die koningsheerskappy van God kan deel hê#14:22b Grondteks voordat ons in die koninkryk van God kan ingaan.,” het hulle gesê. 23In elke gemeente het hulle vir hulle ouderlinge gekies. Nadat hulle gebid en gevas het, het die apostels hulle opgedra aan die Here in wie hulle nou geglo het. 24Die apostels het verder deur Pisidië gegaan en in Pamfilië gekom. 25Daar het hulle in Perge die woord verkondig en daarna Attalië toe vertrek.
26Daarvandaan het hulle na Antiogië in Sirië gevaar waar hulle aanvanklik aan die genade#14:26 Of onverdiende goedheid. van God opgedra was vir die werk wat hulle nou voltooi het. 27By hulle aankoms het hulle die gemeente bymekaargeroep en vir hulle vertel wat God alles deur hulle gedoen het en dat Hy ook vir die nie-Jode die deur na die geloof oopgemaak het. 28Hulle het ’n geruime tyd daar saam met die gelowiges#14:20, 22a, 28 Grondteks dissipels. deurgebring.

Seçili Olanlar:

HANDELINGE 14: NLV

Vurgu

Paylaş

Kopyala

None

Önemli anlarınızın tüm cihazlarınıza kaydedilmesini mi istiyorsunuz? Kayıt olun ya da giriş yapın

YouVersion, deneyiminizi kişiselleştirmek için tanımlama bilgileri kullanır. Web sitemizi kullanarak, Gizlilik Politikamızda açıklandığı şekilde çerez kullanımımızı kabul etmiş olursunuz