2 KONINGS 24

24
1Gedurende Jojakim se regering het koning Nebukadnesar van Babel teen hom opgetrek. Jojakim het oorgegee en drie jaar lank aan hom belasting betaal, maar daarna teen Nebukadnesar in opstand gekom. 2Die Here het bendes Galdeërs, Arameërs, Moabiete en Ammoniete teen Juda gestuur om dit te verwoes net soos die Here deur sy dienaars die profete aangekondig het. 3Hierdie rampe het oor Juda gekom op bevel van die Here. Hy het besluit om Juda uit sy teenwoordigheid weg te neem oor die baie sondes wat Manasse gedoen het. 4Hy het baie onskuldige mense in Jerusalem doodgemaak, en die Here wou dit nie vergewe nie.
5Die ander gebeurtenisse tydens Jojakim se bewind en alles wat hy gedoen het, is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Juda. 6Toe Jojakim sterf, het sy seun Jojagin hom opgevolg. 7Die koning van Egipte het daarna nooit weer buite sy land oorlog gemaak nie, want die koning van Babel het die hele gebied beset wat Egipte voorheen oorheers het, vanaf die Egiptespruit tot by die Eufraatrivier.
Jojagin regeer in Juda
8Jojagin was agtien jaar oud toe hy koning geword het en hy het drie maande in Jerusalem regeer. Sy ma was Negusta, die dogter van Elnatan uit Jerusalem. 9Jojagin het gedoen wat verkeerd was vir die Here, net soos sy pa gedoen het.
10Gedurende Jojagin se bewind het die leër van koning Nebukadnesar van Babel opgetrek teen Jerusalem en dit beleër. 11Koning Nebukadnesar van Babel het self gedurende die beleg daar aangekom. 12Toe het koning Jojagin en sy ma, sy amptenare en sy offisiere hulle aan die koning van Babel oorgegee.
Tydens die agtste jaar van Nebukadnesar se bewind het hy Jojagin gevange geneem. 13Soos die Here voorheen gesê het, het Nebukadnesar al die skatte van die Here se tempel en die koninklike paleis gevat. Hy het al die goue artikels wat koning Salomo in die tempel gesit het, stukkend gebreek. 14Koning Nebukadnesar het almal in Jerusalem weggevoer: al die offisiere, al die soldate – 10 000 in getal, al die ambagsmanne en smede. Net die armste mense is in die land agtergelaat.
15Nebukadnesar het koning Jojagin, sy ma, sy vroue, sy amptenare en al die vooraanstaande mense van Jerusalem as gevangenes na Babel toe geneem. 16Hy het ook 7 000 van die weerbare manne en 1 000 vakmanne en smede, almal wat geskik was vir oorlog, saamgeneem na Babel toe. 17Daarna het die koning van Babel vir Mattanja, Jojagin se oom, as koning aangestel en sy naam na Sedekia verander.
Sedekia regeer in Juda
18Sedekia was 21 jaar oud toe hy koning geword het en hy het elf jaar in Jerusalem regeer. Sy ma was Gamutal, ’n dogter van Jeremia uit Libna. 19Maar hy het gedoen wat verkeerd was vir die Here, net soos Jojakim gedoen het. 20Daarom het die Here in sy toorn die inwoners van Jerusalem en Juda finaal voor Hom weggevee en hulle in ballingskap gestuur.
Die val van Jerusalem
Sedekia het teen die koning van Babel in opstand gekom.

Seçili Olanlar:

2 KONINGS 24: NLV

Vurgu

Paylaş

Kopyala

None

Önemli anlarınızın tüm cihazlarınıza kaydedilmesini mi istiyorsunuz? Kayıt olun ya da giriş yapın

YouVersion, deneyiminizi kişiselleştirmek için tanımlama bilgileri kullanır. Web sitemizi kullanarak, Gizlilik Politikamızda açıklandığı şekilde çerez kullanımımızı kabul etmiş olursunuz