PSALMS 121

121
My hulp kom van die Here
1'n Pelgrimslied.
Ek kyk op na die berge:
waarvandaan sal daar vir my hulp kom?
2My hulp kom van die Here
wat hemel en aarde gemaak het.
3Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie;
Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie.
4Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie
en Hy slaap nie.
5Die Here beskerm jou,
die Here bewaar jou van alle gevare.
6Bedags sal die son jou nie steek nie
en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie.
7Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar,
jou lewe sal Hy beskerm.
8Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan,
nou en vir altyd.

Айни замон обунашуда:

PSALMS 121: AFR83

Лаҳзаҳои махсус

Нусха

Муқоиса

Паҳн кунед

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in