1
Markos 10:45
PWL in Standaard Protestantse Canon
SPC
want selfs die Seun van die mens het ook nie gekom om bedien te word nie, maar om te dien en Sy lewe te gee as ’n losprys vir baie.”
Yenzanisa
Ongorora {{vhesi}}
2
Markos 10:27
Yeshua het stip na hulle gekyk en vir hulle gesê: “By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie, want by God is alle dinge moontlik.”
3
Markos 10:52
Yeshua sê vir hom: “Sien! Jou vertroue het jou gered.” Dadelik het dit duidelik geword en hy het op die pad weggegaan.
4
Markos 10:9
Dit wat God dan so verenig het, mag geen mens skei nie.”
5
Markos 10:21
Yeshua het na hom gekyk en was lief vir hom en sê vir hom: “Een ding kom jy kort. Gaan verkoop alles wat jy het en gee dit aan die armes en jy sal ’n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My.”
6
Markos 10:51
Yeshua sê vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” Die blinde sê vir Hom: “Leermeester, dat ek kan sien.”
7
Markos 10:43
maar so moet dit onder julle nie wees nie, maar die wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees
8
Markos 10:15
Dit is waar, Ek sê vir julle, elkeen wat nie die Koninkryk van God soos ’n kind ontvang nie, sal nie daar ingaan nie.”
9
Markos 10:31
maar baie wat eerste is, sal laaste wees en die wat laaste is, eerste.”
10
Markos 10:6-8
maar aanvanklik, van die skepping af, het God hulle man en vrou gemaak. Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder agterlaat en sy vrou vashou en hulle twee sal een vlees wees sodat hulle daarna nie meer twee nie, maar een vlees is.