Spreuke 6
6
Wanneer jy borg gestaan het
1My kind, wanneer jy vir 'n vriend
borg gestaan het,
wanneer jy dit belowe het vir 'n vreemde mens,
2dan het jou eie woorde jou gevang,
en jy het groot probleme omdat jy dit ges锚 het.
3My kind, d铆t is wat jy dan moet doen:
Jy moet jouself red,
want daardie persoon kan nou besluit
wat met jou sal gebeur.
Jy moet by hom gaan soebat,
jy moet hom aanhou vra en lastig wees,
4jy moenie slaap of rus nie,
5jy moet jouself red soos 'n wildsbok homself red
van 'n jagter,
soos 'n vo毛l homself red van 'n vo毛lvanger.
Lui mens, jy moet na die miere gaan
6Lui mens, jy moet na die miere gaan,
jy moet gaan kyk hoe hulle lewe
en jy moet leer van hulle.
7Die miere het nie 'n leier
of 'n voorman of 'n koning nie,
8maar hulle maak in die somer
kos gereed vir hulleself,
hulle maak kos bymekaar
wanneer daar kos is om bymekaar te maak.
9Lui mens, hoe lank wil jy slaap,
wanneer staan jy op?
10Jy wil elke maal nog 'n bietjie slaap,
nog 'n bietjie jou o毛 toemaak,
nog 'n bietjie hande vou en bly l锚,
11maar jy sal arm word
soos iemand wat net rondloop
en nie werk nie,
jy sal honger word soos 'n bedelaar.
'n Slegte mens dink altyd hoe hy mense kan bedrieg
12'n Slegte mens, 'n skurk,
bedrieg oral mense,
13hy knip skelm sy o毛, hy maak gebare
met sy vingers en voete,
14hy dink altyd hoe hy mense kan bedrieg,
hy laat mense twis met mekaar.
15Daarom, dit sal skielik sleg gaan met hom,
hy sal vinnig seerkry, en niemand sal hom help nie.
Dinge waarvan die Here nie hou nie
16Daar is ses dinge waarvan die Here nie hou nie,
daar is sewe dinge wat Hy haat.
17Dit is wanneer mense hoogmoedig is,
wanneer hulle lieg,
wanneer hulle mense vermoor,
18wanneer hulle slegte planne maak teen ander mense,
wanneer hulle haastig is om verkeerd te doen,
19wanneer hulle getuies is wat lieg,
en wanneer hulle die een broer
met die ander broer laat twis.
'n Man wat egbreuk pleeg, is baie dom
20My kind, jy moet onthou
wat jou pa vir jou s锚,
jy moenie vergeet wat jou ma vir jou leer nie.
21Jy moenie dit vergeet nie,
jy moet dit elke dag onthou.
22Dan sal jy weet hoe jy moet lewe,
jy sal elke dag en elke nag weet
wat jy moet doen.
23Want die dinge wat jou pa vir jou s锚,
is soos 'n lamp,
die dinge wat jou ma vir jou leer,
is soos 'n lig.
Iemand wat vir jou s锚 wat jy moet doen
en wat vir jou leer,
lei jou op die pad van die lewe.
24Hy beskerm jou teen die slegte vrou,
teen die skelm woorde van die vrou
wat nie jou vrou is nie.
25Jy moenie daardie vrou wil h锚
omdat sy mooi is nie,
jy moenie dat sy jou vang met haar o毛 nie.
26Ja, jy kan 'n prostituut kry
en jy kan haar betaal met 'n rondebroodjie,
maar die vrou van 'n ander man
is soos 'n jagter,
jy kan die beste wat jy het, verloor,
jy kan jou lewe verloor.
27As iemand kole vuur
voor by sy klere ingooi,
dan sal sy klere aan die brand raak,
28of wanneer hy op warm kole loop,
dan sal sy voete brand.
29So sal dit gaan met iemand
wat by 'n ander man se vrou slaap,
die man wat aan haar raak,
sal nie vry wegkom nie,
haar man sal hom straf.
30Wanneer 'n dief steel,
dan sal mense altyd dink
hy doen verkeerd,
ook wanneer hy steel
omdat hy honger is.
31Wanneer mense uitvind dat hy gesteel het,
dan sal hy sewe maal meer moet teruggee,
hy sal alles moet gee wat daar in sy huis is.
32'n Man wat egbreuk pleeg,
is baie dom, hy is mal.
Hy verwoes sy eie lewe
wanneer hy dit doen.
33Hulle sal hom slaan
en hulle sal hom verneder,
die mense sal aanhou om hom te spot.
34Want wanneer daardie vrou se man kwaad is,
dan is dit soos 'n vuur wat brand.
Wanneer hy jou straf oor wat jy gedoen het,
dan sal hy nie jammer wees vir jou nie.
35Hy sal nie geld van jou neem en jou los nie,
hy sal nie jou geld neem nie,
ook nie wanneer jy vir hom baie wil gee nie.
Obecnie wybrane:
Spreuke 6: ABA
Podkre艣lenie
Kopiuj
Por贸wnaj
Udost臋pnij
Chcesz, aby twoje zakre艣lenia by艂y zapisywane na wszystkich twoich urz膮dzeniach? Zarejestruj si臋 lub zaloguj
漏 Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.