1
JESAJA 6:8
Afrikaans 1983
AFR83
Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!”
Sammenlign
Utforsk JESAJA 6:8
2
JESAJA 6:3
Die serafs het mekaar telkens toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.”
Utforsk JESAJA 6:3
3
JESAJA 6:5
Toe het ek uitgeroep: “Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek woon onder 'n volk van wie elke woord onrein is. En nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige.”
Utforsk JESAJA 6:5
4
JESAJA 6:1
In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op 'n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul.
Utforsk JESAJA 6:1
5
JESAJA 6:7
Hy het my mond aangeraak met die kool en gesê: “Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, jou sonde versoen.”
Utforsk JESAJA 6:7
6
JESAJA 6:2
By Hom was daar serafs om Hom te dien. Elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy gesig bedek, met twee sy voete en met twee het hy gevlieg.
Utforsk JESAJA 6:2
7
JESAJA 6:6
Een van die serafs het toe 'n gloeiende kool met 'n tang van die altaar af gevat en na my toe gevlieg.
Utforsk JESAJA 6:6
8
JESAJA 6:9
Toe het die Here gesê: “Gaan sê vir hierdie volk: Julle sal hoor en hoor en tog sal julle niks verstaan nie, en kyk en kyk en tog niks sien nie.”
Utforsk JESAJA 6:9
9
JESAJA 6:10
Verder het Hy vir my gesê: “Maak hierdie volk traag van begrip, maak hulle ore doof en hulle oë blind sodat hulle nie met hulle oë sien, met hulle ore hoor, en met hulle verstand begryp en hulle hulle bekeer en genees word nie.”
Utforsk JESAJA 6:10