1
1 Kefa 2:9
PWL Druk Weergawe (Siries)
PWL
Julle is ’n gekose nasie, om te dien as priesters in die Koninkryk, ’n afgesonderde volk, bymekaargemaak en bevry, om die lofprysinge van Hom, wat julle uit die duisternis geroep het, te verkondig tot Sy wonderlike lig
Sammenlign
Utforsk 1 Kefa 2:9
2
1 Kefa 2:24-25
Hy het al ons sondes in Sy liggaam op die kruishout opgelig en as ons dood is aan sondes, sal ons in Sy onpartydige opregtheid lewe. Deur Sy wonde is julle gesond gemaak, want julle was soos verdwaalde skape, maar nou het julle teruggedraai na die Skaapwagter en Omgeegewer van julle lewe.
Utforsk 1 Kefa 2:24-25
3
1 Kefa 2:10
julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; vir wie niemand omgegee het nie, maar nou word omgee oor julle uitgestort.
Utforsk 1 Kefa 2:10
4
1 Kefa 2:2
Verlang sterk, soos babas wat nog drink, na die suiwer en geestelike melk van die boodskap, waardeur julle sterk kan groei vir die lewe
Utforsk 1 Kefa 2:2
5
1 Kefa 2:11-12
Julle vir wie ek lief het, ek versoek julle, as tydelike bewoners en vreemdelinge, om julle te onthóu van vleeslike begeertes wat baklei teen die gees en laat julle manier van lewe onder al die mense mooi wees sodat hulle wat van julle kwaad praat, julle goeie dade kan sien en God kan eer, loof en aanbid in die dag van beoordeling.
Utforsk 1 Kefa 2:11-12
6
1 Kefa 2:5
Julle word net so as lewende stene opgebou en julle het ’n geestelike tempel en afgesonderde priesters geword, om geestelike offers te bring wat vir God aanvaarbaar is deur Yeshua, Die Gesalfde Een.
Utforsk 1 Kefa 2:5
7
1 Kefa 2:1
Gooi daarom alle boosheid, alle misleiding, huigelary, afguns en alle agteraf kwaadpratery af.
Utforsk 1 Kefa 2:1
8
1 Kefa 2:4
Hy na Wie julle naderkom, die Lewende Steen, wat deur die mense verwerp is, maar deur God gekies en kosbaar is.
Utforsk 1 Kefa 2:4
9
1 Kefa 2:16
soos vrymense en nie soos hulle wat die vryheid as ’n verskoning vir die boosheid gebruik nie, maar soos slawe van God.
Utforsk 1 Kefa 2:16
10
1 Kefa 2:15
want só is dit die wil van God: dat julle deur goed te doen, die monde van dwase mense sal stilmaak
Utforsk 1 Kefa 2:15