1
Romeine 12:2
Die Bybel 2020-vertaling
AFR20
Julle moenie aan hierdie wêreld gelykvormig wees nie, maar verander word deur die vernuwing van julle denke, sodat julle goed kan onderskei wat die goeie en aanneemlike en volmaakte wil van God is.
Vergelijk
Ontdek Romeine 12:2
2
Romeine 12:1
Broers, op grond van die barmhartigheid van God roep ek julle dus nou op om julle liggame beskikbaar te stel as 'n offer wat lewend en heilig is, en vir God aanneemlik. Dit is julle sinvolle godsdiens.
Ontdek Romeine 12:1
3
Romeine 12:12
Verbly julle in die hoop; wees standvastig wanneer julle swaarkry; volhard in die gebed.
Ontdek Romeine 12:12
4
Romeine 12:21
Moenie dat die kwaad jou oorwin nie, maar oorwin die kwaad met die goeie.
Ontdek Romeine 12:21
5
Romeine 12:10
Julle moet mekaar liefhê met innige broederliefde. Gaan mekaar voor in eerbetoning.
Ontdek Romeine 12:10
6
Romeine 12:9
Julle liefde moet ongeveins wees. Verafsku die kwaad; hou vas aan die goeie.
Ontdek Romeine 12:9
7
Romeine 12:18
As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.
Ontdek Romeine 12:18
8
Romeine 12:19
Geliefdes, moet julle nie wreek nie, maar laat ruimte vir die oordeel. Daar staan immers geskryf: “Aan My kom die wraak toe; Ek sal vergeld,” sê die Here.
Ontdek Romeine 12:19
9
Romeine 12:11
Moenie traag wees in julle toewyding nie; bly geesdriftig; hou vol om die Here te dien.
Ontdek Romeine 12:11
10
Romeine 12:3
Deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle dat jy nie meer van jouself moet dink as wat jy behoort nie, maar dat jy jou gedagtes daarop moet instel om verstandig te wees, volgens die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.
Ontdek Romeine 12:3
11
Romeine 12:17
Moet niemand kwaad met kwaad vergeld nie, maar rig julle gedagtes op dit wat vir alle mense goed is.
Ontdek Romeine 12:17
12
Romeine 12:16
Wees eensgesind onder mekaar; moenie hoogmoedig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie wys wees in julle eie oë nie.
Ontdek Romeine 12:16
13
Romeine 12:20
Maar: “As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink. Deur dit te doen, stapel jy vurige kole op sy hoof.”
Ontdek Romeine 12:20
14
Romeine 12:14-15
Seën julle vervolgers; ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie. Wees bly saam met diegene wat bly is; treur saam met diegene wat treur.
Ontdek Romeine 12:14-15
15
Romeine 12:13
Betoon meelewing met die behoeftes van die •heiliges; lê julle toe op gasvryheid.
Ontdek Romeine 12:13
16
Romeine 12:4-5
Want soos ons baie ledemate in een liggaam het, en nie al die ledemate dieselfde funksie vervul nie, net so is ons, al is ons baie, een liggaam in •Christus, en individueel lede van mekaar.
Ontdek Romeine 12:4-5