YouVersion လိုဂို
ရှာရန် အိုင်ကွန်

Esra/Nehemia/Ester: Oorkom Vrees en Ontmoediging နမူနာ

Esra/Nehemia/Ester: Oorkom Vrees en Ontmoediging

7 ၏ နေ့ 2

Lees Nehemia hoofstuk 1 

Nehemia het verskeie gebede in sy boek opgeneem. Let veral op na die gebed wat in verse 5 tot 11 opgeteken is. 

Terwyl ons nou die boek Nehemia saam bestudeer, moet jy elke gebed wat deur Nehemia neergeskryf is kleurmerk. Dit sal dan later vir jou maklik wees om elke gebed in die boek raak te sien. Jy sal dit ook nuttig vind om rekord te hou van alles wat jy oor gebed leer, soos ons deur die boek vorder. 

Maak ‘n nuwe nota en lys dan alles wat jy in hoofstuk 1 oor God leer. Let ook op die woorde dink tog aan en beveel (beveel het, gebooie (AFR53)) en wat jy daaroor leer. Skryf alles wat jy leer in ‘n nota. 

Klink hoofstuk 1:8 vir jou bekend? Hy haal aan uit Levitikus 26:33. 

Toepassing: 

Wat leer jy in Nehemia 1:5-11 oor gebed? 

Hoe kan jy dit in jou eie gebedslewe toepas?

ကျမ်းစာများ

နေ့ 1နေ့ 3