Romeine 13
13
1Elke gees moet aan die hoër outoriteite gehoorsaam wees, want daar is geen outoriteit as dit nie vanaf God is nie en daardie selfde outoriteit, wat van God is, is onder bevel. Luk 10:16; 1 Kor 11:3; Heb 13:17
2Wie ook al teenoor die outoriteite staan, staan daarom teenoor die opdragte van God en die wat dit teëstaan, sal hulle oordeel ontvang,
3want die regters hou geen vrees in vir hulle wat goed doen nie, maar vir die bose. As jy nie bang wil wees vir die outoriteit nie, doen wat goed is en jy sal lof van hom af ontvang,
4want hy is die uitvoerder van God vir jou ten goede, maar as jy doen wat boos is, wees dan bang, want hy dra nie verniet die swaard nie, want hy is ’n uitvoerder van God, ’n vergelder van die woede, om die een wat boosheid doen, te straf.
5As gevolg hiervan is dit noodsaaklik vir ons om gehoorsaam te wees, nie alleen ter wille van die wraak nie, maar ter wille van die gewete,
6want daarom betaal julle ook belasting, want hulle is uitvoerders van God wat vir hierdie dinge aangestel is. Yir 29:7; 1 Kefa 2:13
7Beloon daarom elke persoon soos wat aan hom verskuldig is: belasting aan die waaraan belasting verskuldig is, invoerbelasting aan die waaraan invoerbelasting verskuldig is; respek aan dié wat respek toekom, eer aan dié wat eer toekom. Mat 22:20
8Moenie iemand enige iets skuld nie, behalwe om mekaar lief te hê, want hy wat ’n ander lief het, het die wet volledig gemaak.
9Want dít: jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie begeer nie en watter ander opdrag ook al, word in hierdie boodskap volledig gemaak: Eks 20:13-17; Lev 19:18 ‘Jy moet jou medemens liefhê soos jouself.’ Mat 22:39
10Liefde doen nie kwaad aan sy medemens nie, want liefde is die vervolmaking van die geskrewe wet. Yog 14:15
11Weet ook dit: weet watter tyd dit is en watter uur dit is, om van nou af wakker te wees uit ons slaap, Efe 5:14 want ons Lewe het nou nader aan ons gekom as toe ons aanvanklik vertrou het.
12Die nag het van nou af verbygegaan en die dag het aangebreek. Laat ons daarom die dade van die duisternis van ons af afwerp en die wapens van die lig aantrek.
13Laat ons op die regte manier leef, soos mense in die dag, nie in partytjies, dronkenskap, seksuele immoraliteit, bakleiery en jaloesie nie,
14maar trek ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, aan en moenie konsentreer op die begeertes van die vlees nie. Open 19:8
လက္ရွိေရြးခ်ယ္ထားမွု
Romeine 13: SPC
အေရာင္မွတ္ခ်က္
မၽွေဝရန္
ကူးယူ
မိမိစက္ကိရိယာအားလုံးတြင္ မိမိအေရာင္ခ်ယ္ေသာအရာမ်ားကို သိမ္းဆည္းထားလိုပါသလား။ စာရင္းသြင္းပါ (သို႔) အေကာင့္ဝင္လိုက္ပါ
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.