Yoganan 10
10
1“Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: wie nie by die hek in die skaapkraal ingaan nie, maar van ’n ander plek af inklim, hy is ’n dief en ’n rower,
2maar hy wat by die hek ingaan, is die herder van die skape.
3Vir hom maak die hekwag oop en die skape luister na sy stem. Hy roep sy eie skape by hulle name en lei hulle uit.
4Wanneer hy sy eie skape uitgelei het, loop hy voor hulle uit en die skape volg hom omdat hulle sy stem ken.
5Hulle sal nie saam met ’n vreemdeling gaan nie, maar weghardloop omdat hulle die stem van die vreemdeling nie ken nie.”
6Hierdie vergelykende storie het Yeshua vir hulle vertel, maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy vir hulle gesê het nie.
7Yeshua het weer vir hulle gesê: “’n Tydlose waarheid sê Ek vir julle: Ek is onveranderlik dieselfde, die Hek van die skape.
8Almal wat gekom het, is diewe en rowers, Yir 23:1-2 maar die skape het nie na hulle geluister nie.
9Ek is onveranderlik dieselfde, die Hek en as iemand deur My ingaan, sal hy lewe en hy sal ingaan en uitgaan en weiding kry.
10Die dief kom nie, as net om te steel, dood te maak en te vernietig nie. Ek het gekom dat hulle lewe kan hê en watter oorvloed daar ook al vir hulle is. Yog 11:25,26; 2 Tim 1:1,9,10
11Ek is onveranderlik dieselfde, die goeie Herder. Die goeie Herder lê Sy lewe neer vir Sy skape, Yeg 34:23; 37:24; Ps 23
12maar die huurling wat nie ’n herder is nie, wanneer hy ook al die wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg.
13Die huurling hardloop weg omdat hy ’n huurling is en nie vir die skape omgee nie en die wolf kom bytend na die skape en jaag hulle uitmekaar. Gen 3:15; Hand 20:29
14Ek is onveranderlik dieselfde, die goeie Herder, Ek ken My eie en My eie ken My,
15net soos My Vader My ken en Ek My Vader ken en Ek My lewe aflê ter wille van die skape.
16Ek het nog ander skape wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook bring. Hulle sal ook na My stem luister en die ganse kudde sal een wees met een Herder; Gen 12:3; 18:14; 26:4; Yes 11:10; 54:1-3; `Am 9:11; Open 12:5
17daarom is die Vader tevrede met My omdat Ek My lewe aflê om dit weer op te neem. Hand 20:24; 2 Kor 5:15
18Niemand vat dit by My af nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het die outoriteit om dit af te lê en Ek het die outoriteit om dit weer op te neem. Hierdie opdrag het Ek van My Vader ontvang.” Luk 14:26
19Weer was daar verdeeldheid onder die Jode oor hierdie boodskap
20en baie van hulle het gesê: “Hy het ’n demoon en is mal, wat luister julle na Hom?”
21Ander het weer gesê: “Hierdie is nie woorde van iemand wat besete is nie; kan ’n demoon die oë van blindes oopmaak?”
22Dit was die Ganukkahfees in Yerushalayim; dit was winter
23en Yeshua het in die tempel, in die pilaargang van Shlomo, geloop.
24Die Jode het Hom omring en vir Hom gesê: “Hoe lank hou U ons in onsekerheid? As U Die Gesalfde Een is, sê dit vir ons reguit.”
25Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Ek het dit vir julle gesê en julle vertrou nie. Die dade wat Ek in die Karakter en Outoriteit van My Vader doen, dié getuig van My,
26maar julle vertrou nie, want julle is nie van My skape nie, net soos Ek vir julle gesê het.
27My skape hoor My stem, Ek ken hulle en hulle loop saam met My.
28Ek gee ook aan hulle die ewige lewe en hulle sal vir ewig nie vernietig word nie en niemand sal hulle uit My hand ruk nie.
29My Vader, wat hulle aan My gegee het, is groter as almal en niemand kan hulle uit die hand van My Vader ruk nie.
30Ek en My Vader, Ons is een.” Yog 17:21; 1 Kor 8:6
31Die Jode het weer klippe opgetel om Hom te stenig.
32Yeshua antwoord hulle: “Ek het vir julle baie, uitstekende dade van die Teenwoordigheid van My Vader af gewys. Oor watter een van dié dade stenig julle My?”
33Die Jode antwoord Hom en sê: “Dit is nie oor ’n goeie daad dat ons U stenig nie, maar oor kwaadpraat van God omdat U wat ’n mens is, Uself God maak.”
34Yeshua antwoord hulle: “Is daar nie in julle wet geskrywe: ‘Ek het gesê, julle is gode (elohee),’ nie? Ps 82:1-8
35As dit húlle gode (elohee) noem tot wie die Woord van God (eloha) gekom het en die Skrif nie gebreek kan word nie,
36sê julle vir Hom wat die Vader afgesonder en in die wêreld ingestuur het: ‘U praat kwaad teen God (eloha)’ omdat Ek gesê het: ‘Ek is die Seun van God (eloha)’?
37As Ek nie die dade van My Vader doen nie, moet julle My nie vertrou nie,
38maar as Ek dit doen, al vertrou julle My nie, vertrou die dade sodat julle kan weet en vertrou dat die Vader in My is en Ek in Hom.”
39Hulle het weer probeer om Hom te gryp en Hy het uit hulle hand uit weggekom.
40Hy het weer na die anderkant van die Yarden gegaan na die plek waar Yoganan eers gedoop het en Hy het daar gebly.
41Baie het na Hom toe gekom en gesê: “Yoganan het nie een wonderteken gedoen nie, maar alles wat Yoganan van hierdie Man gesê het, is waar.”
42Baie het in Hom vertrou.
လက္ရွိေရြးခ်ယ္ထားမွု
Yoganan 10: SPC
အေရာင္မွတ္ခ်က္
မၽွေဝရန္
ကူးယူ

မိမိစက္ကိရိယာအားလုံးတြင္ မိမိအေရာင္ခ်ယ္ေသာအရာမ်ားကို သိမ္းဆည္းထားလိုပါသလား။ စာရင္းသြင္းပါ (သို႔) အေကာင့္ဝင္လိုက္ပါ
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.