1 Korinthiërs 5
5
1Seksuele immoraliteit onder julle word, in kort, gerapporteer en seksuele immoraliteit van so ’n aard as wat selfs onder die ander nasies nie genoem word nie: dat iemand die vrou van sy vader gevat het. Lev 18:8; 20:11; Deut 23:1
2Julle is trots en moet eerder treur sodat hy, wat hierdie daad gedoen het, van tussen julle uit verwyder word,
3want ek self, liggaamlik afwesig, maar in die gees teenwoordig, het hom wat so iets gedoen het, alreeds geoordeel, asof ek teenwoordig was.
4Wanneer julle vergader en my gees saam met julle, in die Karakter en Outoriteit van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, lewer so iemand aan die teëstander oor tot vernietiging van die menslike natuur in die krag van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een
5sodat die gees gered kan word in die dag van ons Meester Yeshua.
6Julle grootpratery is nie goed nie. Weet julle nie? “Dit neem ’n klein bietjie suurdeeg om die hele baksel deeg te fermenteer.”
7Gooi die ou suurdeeg uit sodat julle ’n nuwe stuk deeg kan wees, soos wat julle eintlik ongesuurd is, want ons Pesaglam, Die Gesalfde Een, is vir ons geslag.
8As gevolg hiervan, laat ons dan die fees hou, Eks 12:14,24 nie met die ou suurdeeg of met suurdeeg wat in boosheid of bitterheid is nie, maar met die ongesuurdheid van reinheid en afgesonderdheid.
9Ek het vir julle in ’n brief geskryf om nie met seksueel immorele mense te meng nie;
10dit beteken nie die seksueel immorele mense van hierdie wêreld of die gierigaards of afpersers of afgodedienaars nie, want dan sou julle uit die wêreld uit moes gaan,
11maar dít het ek aan julle geskryf: om nie te meng met iemand wat ’n broer genoem word en dan ’n seksueel immorele mens is of ’n gierigaard of ’n afgodsdienaar of ’n kwaadprater en bedrieër of ’n dronkaard of ’n afperser en dief is nie. Met so iemand moet julle selfs nie saam brood eet nie,
12want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel die wat binne is,
13maar die wat buite is, word deur God geoordeel. Deut 13:6-8; 17:7,12; 19:19; 21:21; 24:7 Verwyder die bose een onder julle uit.
လက္ရွိေရြးခ်ယ္ထားမွု
1 Korinthiërs 5: SPC
အေရာင္မွတ္ခ်က္
မၽွေဝရန္
ကူးယူ
မိမိစက္ကိရိယာအားလုံးတြင္ မိမိအေရာင္ခ်ယ္ေသာအရာမ်ားကို သိမ္းဆည္းထားလိုပါသလား။ စာရင္းသြင္းပါ (သို႔) အေကာင့္ဝင္လိုက္ပါ
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.