1
JESAJA 6:8
Afrikaans 1933/1953
AFR53
Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my.
Salīdzināt
Izpēti JESAJA 6:8
2
JESAJA 6:3
En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die HERE van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!
Izpēti JESAJA 6:3
3
JESAJA 6:5
Toe het ek gesê: Wee my, ek is verlore! Want ek is 'n man onrein van lippe en woon onder 'n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die HERE van die leërskare, gesien!
Izpēti JESAJA 6:5
4
JESAJA 6:1
IN die sterfjaar van koning Ussía het ek die Here sien sit op 'n hoë en verhewe troon, terwyl sy some die tempel gevul het.
Izpēti JESAJA 6:1
5
JESAJA 6:7
en my mond daarmee aangeraak en gesê: Kyk, dit het jou lippe aangeraak, en jou skuld is weg en jou sonde versoen.
Izpēti JESAJA 6:7
6
JESAJA 6:2
Serafs het bo Hom gestaan; elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy aangesig bedek, en met twee het hy sy voete bedek, en met twee het hy gevlieg.
Izpēti JESAJA 6:2
7
JESAJA 6:6
Maar een van die serafs het na my toe gevlieg met 'n gloeiende kool in sy hand, wat hy met 'n tang van die altaar af geneem het
Izpēti JESAJA 6:6
8
JESAJA 6:9
En Hy het gespreek: Gaan sê aan hierdie volk: Hoor altyddeur, maar verstaan nie, en sien altyddeur, maar bemerk nie.
Izpēti JESAJA 6:9
9
JESAJA 6:10
Maak die hart van hierdie volk vet en maak hulle ore swaar en bestryk hulle oë, sodat hulle nie sien met hul oë en met hul ore nie hoor en hul hart nie verstaan nie, en hulle hul nie bekeer en gesond word nie.
Izpēti JESAJA 6:10