1
Matteus 10:16
Die Bybel 2020-vertaling
AFR20
“Kyk, Ek stuur julle uit soos skape onder die wolwe. Wees dan behoedsaam soos slange en onskuldig soos duiwe.
Lee anya n'etiti ihe abụọ
Nyochaa Matteus 10:16
2
Matteus 10:39
“Wie sy lewe behou, sal dit verloor, en wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit behou.”
Nyochaa Matteus 10:39
3
Matteus 10:28
En moenie diegene vrees wat die liggaam kan doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Vrees eerder Hom wat beide die siel en die liggaam in Gehenna kan laat vergaan.
Nyochaa Matteus 10:28
4
Matteus 10:38
En wie nie sy kruis opneem en My volg nie, is My nie waardig nie.
Nyochaa Matteus 10:38
5
Matteus 10:32-33
“Daarom, elkeen wat My voor die mense bely, sal Ek ook voor my Vader in die hemele bely. Maar wie My voor die mense verloën, sal Ek ook voor my Vader in die hemele verloën.”
Nyochaa Matteus 10:32-33
6
Matteus 10:8
Maak die siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses, dryf demone uit. Julle het dit verniet gekry – verniet moet julle dit uitdeel.
Nyochaa Matteus 10:8
7
Matteus 10:31
Moet dan nie bang wees nie – julle is meer werd as baie mossies. ”
Nyochaa Matteus 10:31
8
Matteus 10:34
“Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.
Nyochaa Matteus 10:34